Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22071 articles
Browse latest View live

Wil Anker dan Acker wees?

$
0
0

Ter agtergrond van Deborah Steinmair se skrywe hier onder, lees:

Willem Anker, Red Dog en Vrye Weekblad

Red Dog en die illusie van skande

Buysdorp, Red Dog en ’n besinning oor die geskiedenis


Deborah Steinmair reageer:

In die replieke op my artikel in Vrye Weekblad is dit interessant om te sien hoe min ruimte vir bevraagtekening die Afrikaanse literêre landskap bied. My precious.

Respondente beskuldig my van verdagmaking en haas hulle dan om my verdag te maak. Die skinnertante met doopkoek in die mond (dit was my eie beeld), die provinsiale lomperd wat oopmond alles wat die Times Literary Supplement opdis, vir soetkoek opvreet. Ek wil sê: TLS is nie die Alberton Rekord nie.

Waarom dit laat klink asof ek ou koeie uit die sloot grawe terwyl dit reeds my vraag is: Hoekom is die TLS-resensie met sy aantygings so lank geïgnoreer? Waarom is dit nie ses maande gelede weerlê nie?

Ná al die verduidelikings bly ’n paar vrae haper: As Anker so mooi erkenning gee vir die beskrywing van Buys wat hy by Lichtenstein geleen het, waarom nie voetnotas by die passasies wat uit McCarthy gelig is nie?

Hoekom is Melanie Grobler vir dieselfde praktyk gekruisig?

Natuurlik is daar nie sprake van “verbatim” nie – ’n teks wat vertaal is en na die oorspronklike terugvertaal word, kan onmoontlik woord vir woord met die oorspronklike ooreenstem.

Michiel Heyns se reaksie eindig só:

En dit bring ons by die myns insiens onvergeeflikste aspek van Steinmair se betoog: Sy verswyg die feit, wat Berridge self noem, dat Anker in sy “Acknowledgements” eksplisiet erkenning gee aan sy gebruik van McCarthy en Beckett. Dit maak tog die hele verskil tussen verwysing/toespeling/intertekstualiteit en plagiaat. Want die brandpunt op die einde is die vraag of Willem Anker oneerlik te werk gegaan het in sy gebruik van sy bronne, anders is daar geen punt in Steinmair se argument nie.

Maar hier is die ding, Michiel: In die roman op my rak, die Afrikaanse Buys, word Cormac McCarthy en Samuel Beckett nié in die “Erkennings” gemeld nie. Die roman op my rak se “Erkennings” lyk só:

Daar word ook elders verwys na erkenning aan “die wrakstukke van McCarthy” – maar nee, daardie is ’n vertaling uit die “Acknowledgments” in Red Dog. Dit wil vir my lyk of hulle met die vertaling wel besef het dat ’n mens miskien McCarthy se naam moet noem.

In die oorspronklike roman is daar egter slegs die volgende sin: “Sou u in sy vertelling dan struikel oor die reste van ander outeurs, sien dit tog as die eerbetoon van ’n vagebond.” Waar is die hele verskil dan? Die sambreel van hierdie vrywaring is wyd en vaag. Die skrywer pleit om begrip vir sy karakter se kleptomanie. Wat my by die vraag bring: Karakters mag steel en plunder, maar tot hoe ’n mate mag skrywers dit doen?

Ek het nie Red Dog gelees nie, want die vertaling word nie in twyfel getrek nie.

Ek plaas graag ʼn gedeelte van ʼn erkenningsbladsy van Lydia Davis se Can’t and won’t, Hamish Hamilton, 2014, om te wys hoe ’n skrywer verantwoordelik met die gebruik van ander se tekste kan omgaan:

Ek stem nie met die TLS-resensent saam oor die kwaliteit van Anker se boek nie. Ek was hoogs beïndruk met Buys.

Erkenning: https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/9/9b/Francisco_de_Goya%2C_Saturno_devorando_a_su_hijo_%281819-1823%29_crop.jpg

Ek leer graag oor pastiche soos beoefen deur JM Coetzee en ander, dankie. Spoeg en plak uit klassieke tekste is, soos ek in my opiniestuk geraai het, aanvaarbaar. Dit sou miskien beter wees as julle jul verdediging eerder hierop gebaseer het; as julle vir my gesê het: “Ontspan, histeriese tante, hierdie soort van ding is heeltemal aanvaarbaar deesdae, jy skop stof op oor ’n molshoop.” Julle kon miskien Kathy Acker as voorbeeld voorgehou het. Ek het in London Review of Books oor haar gelees:

Writing about Goya’s Black Paintings in Art After Modernism, a collection of essays published in 1984 by the New Museum in downtown New York, Kathy Acker wrote: “The only reaction against an unbearable society is equally unbearable nonsense.” She once said she didn’t expect anyone to read any of her books all the way through from beginning to end – “even in Empire of the Senseless, which is the most narrative book, you could read pretty much anywhere.” In other words, you could make your own montage, you could appropriate and re-order, just as Kathy Acker had appropriated and re-ordered the writing of others – Harold Robbins or Cervantes or Ian Fleming or Propertius. Recently, on the radio, Leslie Dick remarked that Kathy Acker’s writing was an extension of her reading, that her plagiarism was a way of reading, or rereading, appropriating and customising what she read, writing herself, so to speak, into the fabric of the original text. Acker used to read her own texts too, each one eight times, re-drafting it after each reading: once for meaning, once for beauty, once for sound, once to the mirror to see how it looked, once for rhythm, once for structure, and so on. Writing and reading became as confused and mixed up as sense and nonsense, male and female, self and other, the sexual and the political.

Erkenning: https://en.wikipedia.org/wiki/Black_Paintings#/media/File:Judith_y_Holofernes_(Goya).jpg

Ek kan net hoop dat wanneer die ontsteltenis bedaar het, almal sal besef ʼn mens mag maar vrae vra, soos ek nou besef dat ’n mens maar wyd en syd mag leen. En ek hoop iemand gaan vir Melanie Grobler om verskoning vra.

The post Wil Anker dan Acker wees? appeared first on LitNet.


Skrywersonderhoud: Annelie Botes oor Kammaland

$
0
0

Remona Voges het met Annelie Botes oor die Engelse kanale en haar boek Kammaland gepraat.

Kammaland
Annelie Botes
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776094158

Annelie, baie geluk met nog 'n suksesvolle boek.

Jy het al baie oor jou oorsese reise en ervarings geskryf. Watter tydperk staan vir jou uit en hoekom? Sal jy miskien ’n paar foto’s verskaf?

Die bootreis in die Europese winter van 2017 was meesleurend en betowerend. Omdat Chris by my was, het ek altyd veilig en geborge gevoel. Maar die tyd in 2004/2005 by Granny staan met breë skouers uit. Ek was ’n volle jaar by haar, en dit was ’n tappende jaar waarin ek meermale oorweeg het om by ’n brug in Londen af te spring. My uithouvermoë, geduld en oorlewingskrag is in daardie jaar tot die droesem getoets. Nie soseer met Granny nie, maar met haar onstabiele dogter wat nooit ’n geleentheid laat verbyglip het om my te tart en te verneder nie. Die dogter het aan ’n gediagnoseerde woedestoornis gely, en sy het dit op almal rondom haar uitgehaal. Maar omdat ek ’n “housemaid” was, het sy my onophoudelik getreiter. Dat ek haar nooit bestorm en gebliksem het nie, is ’n kale genade. En dat ek tot die einde uitgehou het, het aan my bewys ek kán my laat geld, al noem sy my “the scum of Africa”.  

‘n Brug en herfsweerkaatsings (foto: Chris Botes)

Kammaland is op jou eie ervaringe gebaseer. Kan jy kortliks vertel waaroor die boek handel?

Dit vertel die storie van die 91 dae toe ons twee alleen op ’n narrowboat (longboat; kanaalboot) kop eerste in die Engelse winter ingevaar het. Dis nie ’n reisjoernaal of ’n vakansiestorie nie. Dis ’n emosionele joernaal.

Die kanaalboot (foto: Chris Botes)

Hoekom het jy en jou man besluit om die reis na Engeland aan te pak?

Ons raak ouer. Ek was 60 en hy 65. Die tyd om avonture aan te pak, raak korter. Ons wou gaan toets waartoe ons nog fisiek in staat is. Sodat ons ons prioriteite kon rangskik vir die sowat 15 aktiewe jare wat dálk nog voorlê.

Jy en jou ou gryse was al deur diep waters (letterlik en figuurlik). Wat was die grootse uitdagings waarvoor jul te staan gekom het tydens jul verblyf in Engeland?

Om nie die onstabiele en vertreurigde omstandighede in Suid-Afrika met bitterheid te haat nie. 

’n Sluis in Engeland (foto: Chris Botes)

Julle het talle interessante karakters op jul reis ontmoet. Watter van hierdie mense of herinneringe bly jou die meeste by?

Elke persoon op die reis het sy eie unieke herinneringe. Maar ek is hard geslaan deur die ruïnes van die gebombardeerde katedraal in Coventry, en die horingoue oom wat juis op die dag toe ons daar was sy laaste groet kom afgee het aan die plek waar hy as jong soldaat uitmekaargeskiete mense se oorblyfsels moes bymekaarmaak. Die prosituut in Rugby sal my ook nooit verlaat nie. En die Afrika-man wat my glimlaggend voorrang gegee het by die roltrap in Lichfield.

En nou dat julle terug is in Suid-Afrika? Mis jy die Engelse kanale? Sal jy ná alles ’n kanaalvakansie aanbeveel?

Daar gaan nooit ’n dag verby dat ons nie dink aan waar ons ons sus of so lank gelede bevind het nie. Ons verlang. Ons vergelyk. Ons rou. Ons smag. Dit was nie ’n vakansie nie, en ons het eindeloos hard gewerk op die boot, want ons moes alles versorg en onderhou en hanteer. Ek sal dit nie aanbeveel nie, want dit verander ’n mens se lewe onherroeplik, en die rou en smagting hou nooit op nie. 

Annelie maak ’n sluis toe (foto: Chris Botes)

Is daar ’n ander reis in die vooruitsig? Na watter plekke sou jy nog graag wou gaan?

Ons is nou in die proses om finale uitsluitsel te kry oor ’n reis in Oktober 2020. Colorado toe. Ons is genooi om vir ’n maand housesitting te doen by ’n rykmanshouthuis op die platteland by Manitou Springs, terwyl die eienaars in Batavia vakansie hou. Ons hoef nie te werk as sulks nie; ons moet net ’n oog hou. In my kop is ek klaar in Colorado, ’n uur se stap van die Rocky Mountains af.

Jy skryf op ’n baie eerlike wyse oor jou lewe. Hoe ervaar jou naastes dit? Dit kan nie altyd maklik wees nie. En waar trek ’n  mens die streep oor wat jy sê en wat jy maar eerder oorlaat aan die leser se verbeelding?

Hulle laat maar die waters oor die akker loop. Ek vermy om te skryf oor goeters wat regtigwaar vernederend vir my huismense is. Maar self daarvan deins ek nie altyd weg nie.

’n Sluis in die winter (foto: Chris Botes)

Dalene Matthee was destyds jou musiekonderwyseres. Kan jy iets hieroor vertel? Het sy ook ’n invloed op jou loopbaan as skrywer gehad?

Alhoewel ek by haar kitaarlesse geneem het, was sy nie my musiekonderwyseres nie. Klavier is my hoofsintrument, en daarin het ek onderrig gekry by mevrou Hubert by die skool. Tannie Dalene was net die vrou van die Standard Bank se bestuurder in Uniondale. Sy het my nooit gehelp met skryfgoeters nie. Sy het altyd gesê: “Met skryf is dit jy en jy alleen.” Maar haar ganse menswees en wysheid en massiewe algemene kennis het ’n onuitwisbare invloed op die res van my lewe gehad.

Jou laaste paar boeke handel oor jou eie lewe. Kan lesers weer uitsien na ’n fiksieboek? En waarmee hou jy jouself op die oomblik besig?

Daar is ’n roman in die pyplyn vir 2021. Volkome fiktief. Die kontrak is klaar geteken, maar ek wil nie nou al daaroor praat nie. Daar is nog te baie fasette wat uitgekyk moet word.

Herfs op die kanale (foto: Chris Botes)

Watter belangrike lesse het jy tydens jou lang skrywersloopbaan geleer?

Te veel om op te noem. My eintlike skryfmoeder was Hettie Scholtz, doerietyd met Trippel Sewe. By Hettie het ek meer geleer as by al die skryfmeesters altesaam. Seker een van die grootste lesse wat ek geleer het, is om my instinkte te vertrou. En om my nie te veel te ontstel of te steur as die media my in die grond in trap nie. Die belangrikste dáárvan is om die krag te hê om regop te kom en voort te stap op die pad wat jy weet vir jou uitgemeet is. 

Wat is jou gunstelingboeke van 2019 en waarom?

In 2019 was ek kranklik en siek en fisiek was dit ’n veeleisende jaar. Hartprobleme. Blaasprobleme. Die driemaandegriep. Daarom het ek min gelees, want ek was knaend besig om agterstallige werk in te haal. Maar die boek wat my van 2019 sal bybly, is die aangrypende digbundel van Hannes Visser, Die jaar toe pa ... Niks in dié digbundel is verskans nie, en ’n mens hoef nooit te wonder wat hy bedoel nie. Die eenvoud daarvan, en die gepaardgaande emosionele reis saam met ’n tienjarige mynseuntjie, het my dikwels laat huil. Omdat ek ook eens op ’n tyd tien jaar oud was.

Lees ook:

Resensie: Kammaland deur Annelie Botes

FMR-resensie: Kammaland deur Annelie Botes

The post Skrywersonderhoud: Annelie Botes oor <em>Kammaland</em> appeared first on LitNet.

Resensie: Chrisalis deur Christo van der Westhuizen

$
0
0

Chrisalis
Christo van der Westhuizen
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781928426950

Christo van der Westhuizen se debuutbundel Chrisalis (2019) handel onder meer oor die metamorfose van die digter. Daniel Hugo merk op die flapteks dat Van der Westhuizen ’n digter is “wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer.” Ek is geneig om met dié stelling saam te stem. Van der Westhuizen se benadering tot gelaaide onderwerpe soos liefdeloosheid, siekte en die dood, bied ’n nuwe perspektief en maak die leser attent op die uiterse sensitiwiteit en teerheid van die digter in die 21ste eeu.

Die titel van dié bundel is in die besonder opmerklik. Die woord “chrisalis” verwys na die papie-fase van ’n insek, spesifiek motte of skoenlappers. Dit is die fase waartydens ’n ruspe in ’n harde buitelaag aan ’n blaar of ’n tak vasgeheg is. Dié buitenste laag word die chrisalis genoem. Binne-in die chrisalis vind groei en transformasie plaas totdat daar ná ’n bepaalde tydperk, ’n mot of ’n skoenlapper uit die papie te voorskyn kom.

Dié metafoor van die chrisalis is beslis geskik as die titel van ’n debuutbundel soos dié van Van der Westhuizen. In die woorde van Hugo: “Soos die skoenlapper uit sy papie breek, so kom Christo van der Westhuizen te voorskyn uit die chrisalis van sy vers.” Dit is dan dié debuut wat dien as Van der Westhuizen se chrisalis. Die indruk word hierdeur geskep dat die digter nog groot dinge gaan bereik – met elke gedig kom hy ’n stappie nader aan die ontketening van sy volle potensiaal.

Van der Westhuizen het ’n skerp oog en hy skroom nie om onderwerpe aan te raak wat moontlik die meer sensitiewe leser of die “liggeraaktes” (13) sal ontstel nie. Die grensoorlog, die apartheidsregime, religie, die impak van die mens op die planeet, selebriteit en menslike selfbeheptheid word onder meer opgebring – keer op keer met ’n satiriese kinkel en ’n sterk metrum. Let byvoorbeeld op die tong-in-die-kies aanbieding van ’n ritmiese kwatryn:

die seleb het tienduisend vrinne
soos jy
wat meen
julle voltooi mekaar se sinne (40)

Ook die slotgedig waarin die digter krities is oor die redes waarom mense kies om ’n spesifieke religie aan te hang, kan hier oorweeg word:

god is as’t ware uit stof
tot nadenke opgetower
deur geneeshere en ringkoppe

[...]

om ons hoe gouer
hy weer kom hoe beter
van onsself te verlos

skape ons god
immer
na óns beeld (102)

Verder blyk dit dat Van der Westhuizen se verhouding met taal ook ’n besonderse rol speel in die ontwikkeling van sy digterlike vaardighede. Om te skryf is vir die digter ’n soort toevlug:

my pyn het ek vir kunsgrepe verruil
nou blink my wonde in rym
in die raaisel van die poësie
sal ek met behae
tot in lengte van dae
tussen die lyne skryf (44)

In die gedigte waarin die digter se dikwels moeilike verhouding met taal bespreek word, onder meer “Фабула и Суджет (fabula en sujet)” (43) en “Die skoot hoog deur” (46), word die funksie van taal dikwels gerelativeer en die gebruik van geykte uitdrukkings bevraagteken:

wat rym met skoot –
liefde, of dood?

is die antwoord streng
argaïes, of blote sleng?

en berym dit elke soort
naam- en werkwoord? (46)

Ook die motto van Paul Valéry weerspieël al reeds van meet af aan dié digtersintensie om taal vreemd te maak en te relativeer: “[...] poësie berus / op die wanorde wat dit skep in die / verwagte ordening van betekenis.” In die konteks waarin hierdie relativering geskied – in ’n talige gedig wat deel uitmaak van ’n ganske talige bundel – weerspreek die digter inderwaarheid homself. Wat is die punt daarvan om ’n gedig te skryf as dit nooit werklik die werklikheid kan weergee nie? Is sy verse dan nie as’t ware reeds by die ontstaan daarvan dood nie? Die bemoeienis met dié filosofiese vraag dui op die digter se deurdagte en taktiese benadering tot die onderwerp van futiliteit. Net soos die sterflikheid van die digter se vleeslike liggaam, is sy verse ook verganklik.

Alhoewel Van der Westhuizen ’n besonderse debuut maak in die Afrikaanse poësie met sy bundel (veral wat betref sy speelse benadering tot taal) kan daar wel gemerk word op die soms onsuksesvolle gebruik van enkele clichématige uitdrukkings en neologismes. Ten spyte daarvan is hierdie bundel beslis ’n moet-lees, veral vir sommige Suid-Afrikaners wat nog so dikwels oortuigings aanhang wat in vandag se politieke klimaat eenvoudig nie aanvaarbaar of relevant is nie.

Met Chrisalis voldoen Christo van der Westhuizen absoluut aan die vereistes daargestel vir die poësie soos dit saamgevat is in die motto van Paul Valéry – van die herhaaldelike losmaak van taal en die betekenis daarvan, tot die vernuwende blik wat gewerp word op tydlose onderwerpe soos dié van die dood en die liefde.

The post Resensie: <em>Chrisalis</em> deur Christo van der Westhuizen appeared first on LitNet.

Nederlands in Suid-Amerika

$
0
0

.........

“Suriname is een meertalig land, waar naast Surinaams-Nederlands ook Sranantongo, Spaans, Engels en vele andere inheemse talen worden gesproken. Het aandeel van de Nederlandstalige literatuur in dat meertalige palet is niet gering.”

.........

Die 2019-Cross-Over-konferensie is in November in samewerking met die Caribische Associatie voor de Neerlandistiek (CARAN) in Paramaribo, Suriname aangebied.

Menán van Heerden gesels met Yves T’Sjoen oor die 2019-dubbelkonferensie in Suid-Amerika.*

Yves, baie dankie dat jy met ons gesels! Waaroor het hierdie konferensie gegaan en watter rol het jy gespeel?

Samen met collega’s van Nederland (Amsterdam en Leiden), Polen (Poznań) en Aruba maakte ik deel uit van het wetenschappelijk comité. De organisatie van het symposium was in handen van de Anton de Kom-universiteit in Paramaribo.

Cross-Over is een congressenreeks die destijds van start ging in Amsterdam. Na passages in Leuven, Leiden en Gent is Cross-Over in 2015 voor het eerst georganiseerd buiten het Nederlandse taalgebied, meer bepaald aan de Adam Mickiewicz-universiteit van Poznan. In 2017 was het neerlandistiekcolloquium te gast in Aruba en in november 2019 in Paramaribo.

Onderwerp van de congresformule was aanvankelijk de transhistorische studie van de Nederlandstalige literatuur. Later kwam ook interdisciplinariteit op de agenda. Sinds de nomadische of dus meer internationale status van Cross-Over, met de afgelopen jaren edities in de Cariben, wordt de Nederlandse literatuur in contact met andere talen en culturen besproken.

.........

“Inclusiviteit betekent dat we de banden méér moeten smeden, buitenlandse onderzoekers van Nederlandse literatuur (in contact met andere talen en culturen) bij ons onderzoek en in het vakgebied betrekken.”

.........

Nederlandse literatuur wordt op diverse plaatsen in de wereld geschreven. Er is een uitgebreide koloniale en postkoloniale literatuur in het Nederlands. Nederlandstalige literatuur neemt andere gedaanten aan in die mondiale contexten, in verbinding met andere talen en culturen. Deze culturele diversiteit, met als uitgangspunt de Nederlandse letteren, laten we aan bod komen tijdens de symposia die bekend staan als Cross-Over.

Niet alleen methodologisch of disciplinair, ook in geografische zin ondernemen we dus voortaan cross-overs. We betrekken docentenplatforms in verschillende regio’s waar de neerlandistiek op universitair niveau wordt beoefend in de organisatie. Op die manier laten we de diversiteit van de Nederlandse literatuur in de wereld zien. We streven tegelijk naar een meer inclusieve neerlandistiek. Het onderscheid tussen intra- en extramuraal op het gebied van de Nederlandse literatuur(studie) is weinig zinvol, zeker in een geglobaliseerde wereld.

Suriname, ’n land in Suid-Amerika, is ’n vorige kolonie van Nederland. Hoe sou jy meertaligheid in hierdie land beskryf en watter rol speel Nederlands/Nederlands-Surinaams?

Suriname is een meertalig land, waar naast Surinaams-Nederlands ook Sranantongo, Spaans, Engels en vele andere inheemse talen worden gesproken. Het aandeel van de Nederlandstalige literatuur in dat meertalige palet is niet gering.

De Surinaams-Nederlandse literatuur laat een ander gelaat zien dan de literatuur in het Nederlandse en Vlaamse moedertaalgebied. Nogal wat Surinaams- en Caribisch-Nederlandse schrijvers zijn actief in Nederland en ontvangen er literaire prijzen.

Michiel van Kempen heeft uitvoerig gepubliceerd in Ons Erfdeel (augustus 2019) over de hedendaagse Caribisch-Nederlandse literatuur. De recente laureaat van zowat alle poëzieprijzen in Nederland, Radna Fabias, is geboren in Curaçao.

Radna Fabias (Foto’s: Menán van Heerden)

Frank Martinus Arion (Aruba) en Albert Helman, Bea Vianen, Astrid Roemer en vele anderen maken deel van de Nederlandse (migranten)literatuur. Die laatste zin heeft geen misplaatste neokoloniale connotatie. De Nederlandse literatuur buitengaats is minstens even interessant als de literaire productie die ten noorden en ten zuiden van de Moerdijk wordt geproduceerd.

.........

“Indien we ons opsluiten in het moedertaalgebied en alleen de literaire productie in Nederland en Vlaanderen bestuderen, dan is dit een geïsoleerde en armtierige neerlandistiek.”

.........

Voor interessante studies over de meertaligheid van het gebied verwijs ik naar de studies van Wim Rutgers en Michiel van Kempen, onder meer de hoofdstukken in de tweedelige uitgave Europa buitengaats. Koloniale en postkoloniale literaturen in Europese talen (red. Theo D’haen). Te raadplegen op de DBNL (Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren): https://www.dbnl.org/tekst/dhae007euro01_01/.

Hoe sou jy Nederlandstalige literatuur in die Karibiese gebied / die Karibiese Neerlandistiek beskryf en wie is die bekendste skrywers?

Ikzelf houd nogal van de eigenzinnige poëzie van Edgar Caïro, een Surinaams auteur die vele jaren in Nederland heeft gewoond en een bij uitstek niet-Hollandse Surinaamse stem vertolkt. Het literaire oeuvre van Astrid Roemer is natuurlijk bekend, zeker na de P.C. Hooftprijs die ze voor haar literaire proza in ontvangst nam. Cola Debrot, Albert Helman, Boeli van Leeuwen en Bea Vianen zijn enkele andere canonieke namen. Zoals zovelen heb ik met gretigheid het debuut Habitus van Radna Fabias gelezen. En de laureaat van de VSB-Poëzieprijs 2014 Antoine de Kom (met Ritmisch zonder string), zoon van Anton de Kom – een bijzondere figuur in de Surinaams-Nederlandse literatuur.

Ik noem ook Dean Bowen en Gershwin Bonevacia, zij zijn de stadsdichters respectievelijk van Rotterdam en Amsterdam. Bowen en Bonevacia hebben Caribische roots maar noemen zich Nederlandse dichters. Recent las ik weer de door Michiel van Kempen samengestelde bloemlezing Spiegel van de Surinaamse poëzie. Het boek geeft een staalkaart van Surinaams-Nederlandse dichters, die in hun poëzie ook lokale talen verwerken. Ik vermeld nu vele auteurs niet die beslist in dat rijtje thuishoren.

Recent las ik nog Tranen om de Ara van de Limburgse Nederlander Jacques Thönissen dat zich afspeelt in Aruba en de politieke en morele teloorgang van het eiland thematiseert. Voor een (historisch) overzicht van de Surinaamse en Caribische literatuur in het Nederlands verwijs ik naar de talrijke studies van Rutgers en Van Kempen.

Hoe sou jy Antilliaanse literatuur asook Indisch-Nederlandse letterkunde in hierdie verband beskryf / vergelyk?

Vergelijkingen lopen steeds mank. Wat Suriname en de zogenaamde zes Antilliaanse eilanden betreft, de Beneden- en Bovenwindse eilanden (respectievelijk Aruba, Bonaire en Curaçao én Sint-Maarten, Saba en Sint-Eustatius), gaat het over een Nederlandse koloniale literatuur.

Aruba, Curaçao, Sint-Maarten en Bonaire zijn intussen landen in het Koninkrijk. De positie van het Nederlands (onderwijs, literatuur) op de verschillende eilanden is heel verschillend.

Globaal gesproken kun je stellen dat de Nederlandse literatuur er vandaag nog maar een fractie is van het literaire bedrijf, steeds minder in aanzien en omvang.

.........

“De postkoloniale literatuur is zowel in Indonesië als in de Cariben bijzonder rijk en gevarieerd, en wordt uiteraard niet uitsluitend in het Nederlands geschreven.”

.........

De Nederlands-Indische literatuur is de koloniale literatuur van Nederland over de archipel, geschreven in Nederland of tijdens de tochten van en naar de kolonie, die sinds de onafhankelijkheid Indonesië is.

Pas in 1975 werd Suriname onafhankelijk, veel later dan de Indonesische onafhankelijkheidsoorlog (1945-1949). Dat heeft ook gevolgen voor de (post)koloniale literatuur die op beide plekken is tot stand gekomen. De postkoloniale literatuur is zowel in Indonesië als in de Cariben bijzonder rijk en gevarieerd, en wordt uiteraard niet uitsluitend in het Nederlands geschreven.

Waarom is ’n fokus op transnasionalisme mbt literatuur belangrik?

Literaire teksten beperken zich niet tot de omgeving waar de productie is tot stand gekomen, waar teksten circuleren en initieel worden gerecipieerd. Door bemiddeling van vertaling functioneren teksten ook in andere taal- en cultuurgebieden. Niet alleen door vertaling, zoals mag blijken uit de casus van de Caribisch-Nederlandse literatuur. Dergelijke internationale teksttrajecten maken deel uit van een tekstgeschiedenis en die is wat canonieke literaire stemmen betreft in vele gevallen transnationaal. Of beter geformuleerd: meertalig.

Teksten ondergaan een cultureel gedetermineerde metamorfose in een andere taal, ze ‘verkleuren’ en passen zich aan de nieuwe omgeving aan. Tegen de achtergrond van andere culturele contexten dan de broncultuur worden ze een andere tekst. In een ruimer perspectief, globaal zo je wil, kan literatuur worden bestudeerd.

De rol van culturele bemiddelaars, zoals vertalers, letterenfondsen en buitenlandse uitgevers, is in dat licht fundamenteel. Het letterkundig onderzoek kan vanuit transnationaal perspectief worden benaderd, waarbij cultuursociologische en literair-institutionele aspecten van belang zijn: het literaire klimaat, culturele contexten, uitgeverslandschap, receptie in anderstalige kranten en tijdschriften.

De factoren die ik hier opsom, naast andere, heeft mee de tekstgeschiedenis bepaald. Niet alleen het traject van tekstgenese tot publieke verschijningsvorm (en receptie) behoort tot de teksthistoriek, ook vertalingen en in het algemeen internationale tekstbewegingen.

Watter referate by die konferensie het vir jou uitgestaan?

Cross-Over, het letterkundig symposium van de internationale neerlandistiek, werkte zoals in Aruba samen met CARAN (Caribische Associatie voor de Neerlandistiek). De eerste dag is besteed aan letterkundige referaten, de volgende dagen kwamen onder meer taalbeleid en taalonderwijs aan bod (in Suriname).

De lezingen over Astrid Roemer, door collega’s en jonge onderzoekers van de Universiteit Leiden, waren bijzonder. Ook een vernieuwende lezing van Anton de Koms Wij slaven van Suriname was opmerkelijk. De keynote-lezing ging over kinder- en jeugdliteratuur in Suriname en de problemen die te maken hebben met productie, distributie en receptie.

.........

“Dergelijke internationale teksttrajecten maken deel uit van een tekstgeschiedenis en die is wat canonieke literaire stemmen betreft in vele gevallen transnationaal. Of beter geformuleerd: meertalig.”

.........

Ikzelf mocht er spreken over Edgar Cairo en de rol van Surinaamse literaire migrantenfiguren, vooral ook Astrid Roemer, in de Anti Apartheid Beweging van de jaren zeventig en tachtig in Nederland.

Er wordt telkens weer naar gestreefd de (Nederlandse) literatuur van de regio centraal te stellen tijdens het congres, met academici van Nederland, Vlaanderen én uit de regio.

Wat is die toekoms van Neerlandistiek in ’n globale konteks?

Met een boutade zeg ik wel eens dat de neerlandistiek internationaal is of niet is. Indien we ons opsluiten in het moedertaalgebied en alleen de literaire productie in Nederland en Vlaanderen bestuderen, dan is dit een geïsoleerde en armtierige neerlandistiek.

Zoals gezegd wordt op vele plekken in de wereld, in historisch opzicht en vandaag, Nederlandse literatuur geschreven, aan neerlandistiek gedaan. Dat is per definitie een andersoortige, wat mij betreft complementaire, neerlandistiek dan die aan Nederlandse en Vlaamse universiteiten.

Inclusiviteit betekent dat we de banden méér moeten smeden, buitenlandse onderzoekers van Nederlandse literatuur (in contact met andere talen en culturen) bij ons onderzoek en in het vakgebied betrekken.

Een volgende keer, in 2021, trekken we met Cross-Over naar de Karelsuniversiteit in Praag. In samenwerking met het docentenplatform Comenius en de Taalunie zullen we daar ook weer andere (Midden-Europese)-perspectieven op de Nederlandstalige literatuur laten zien.

Met doctorandi en academici die vanzelfsprekend een ander beeld hebben van de literatuur in mijn moedertaal. Het plan is om in 2023 naar Zuid-Afrika te komen met het nomadische neerlandistiekcongres.

Vooral die reikwijdte, de multiperspectivistische kijk op wat we aanduiden met het concept Nederlandse literatuur, betekent voor mij de toekomst van het vakgebied. In een globale en meertalige context. Het is dringend nodig dat we onze literatuurlijsten aan de universiteiten waar vandaag Nederlands wordt bestudeerd hieraan aanpassen. Dat gebeurt naar mijn oordeel thans veel te weinig.

Hier kan de belangstellende verslagen lezen over Cross-Over 2017 (Oranjestad, Aruba) en 2019 (Paramaribo, Suriname):

..........

*Hierdie dubbelkonferensie is die eerste keer in 2017 by die Universiteit van Aruba aangebied.

The post Nederlands in Suid-Amerika appeared first on LitNet.

Aardverwarming en klimaatsverandering

$
0
0

Foto van Greta Thunberg: wikipedia

Daar in Davos het hulle probeer besin oor hoe om die wêreld ekonomies ’n beter plek te maak, tot voordeel van almal. Wanneer dit met die ekonomie klopdisselboom gaan, is daar mos meer kapitaal om in die mensdom te investeer en te laat floreer en te laat baai in alles wat goed en lekker is – dis mos die ideaal (mag dit hier ter plaatse so wees). In groot dele van die wêreld verskaf fossielbrandstof die energie en in die proses besoedel dit. Die beskikbare natuurlike hulpbronne kan in die soeke na energie vir nywerhede nie die pas volhou nie, dit kwyn en raak skraps.

Anders as wat die oogmerk is, daag die rumoerige klimaataktiviste met ’n ander agenda daar op. Hulle wat ’n polities-korrekte begrip – aardverwarming – bedink het, dit verander het na klimaatsverandering, baklei. Hul punt was heel bo aan die agenda, want dis die kapitaliste by Davos wat die wêreld laat verbrand, verdor of andersins laat versuip. Hulle, die kapitaliste – weens hul gierigheid – laat miljoene ton voedsel wêreldwyd daagliks as "surplus" verlore gaan terwyl  miljarde in dele van die wêreld aan hongersnood  en smartlike ellende ly.   

Ek merk dat Suid–Afrika die ekwivalent van Greta Thunberg daar gehad het, en soos wat ek kan aflei, sommer die hele Afrika verteenwoordig het. Oor Greta’tjie wat ’n volwassene, Trump nogal, minagtend aangegluur en opgevolg het met “how dare you?” wonder ek of sy as tiener haar ouers ook aangluur en “how dare you”? uitvreet. Opgemerk dat daar psigologies ’n vraagtekentjie oor haar huiwer. 

Die anderdagoggend luister ek na ons eie bekende en vermaarde entomoloog (prof Holm) oor RSG. Ek luister hy sê dat die klimaatding wel mensgemaak is, maar op ’n heel ander gebied as wat die aktiviste voorhou. Die probleem is nie soseer nywerheidsbesoedeling  en ander dinge as sulks nie, maar dat die oorsaak by die mensgetalle gesoek moet word. Die oorbevolking van die wêreld is die probleem. As ’n mens mooi na hierdie stelling kyk, dit ondersoek, sal jy weldra saamstem. Bv lewende hawe is bykans die grootste bydraer van metaangas – maar die mensdom moet eet, hoe meer mens hoe meer vleis en metaan.

Wat sou Greta’tjie hiervan sê? Sien sy skud hartlik en "in awe" hand met die Engelse "King–in–waiting", daardie ou wat ellelange gesprekke met plante voer – hopelik laat die plante hom die waarheid weet – julle is te veel, dis hoekom julle ons, die planeet se longe, in die Amasone, Afrika en Asië op vernietigende skaal uitkap en verbrand – en dit om plek te maak om kos te kry. Oeroue bome te vermoor vir roumateriaal.

Sir David Attenborough, daardie vermaarde vervaardiger van natuurprogramme, sê nou die dag op een van sy programme dat die toekoms van die wêreld geheel en al in die hande van sy jeug is, inderdaad. Ek het al hier op die Sê verwys na ’n vraag  wat een van ons ministers gestel het, “why are we paying children to have children”? Die menseregte-aktiviste van die wêreld stel dit as ’n ondebatteerbare mensereg om soveel kinders te hê as wat jy wil, of jy nou die middele het om hulle te versorg of nie –  is nie ter sprake nie.

Die klimaatsveranderingvraagstuk moet liewer vierkantig voor die deur van die VN se Menseregte Organisasie gelê word. Aktiveer eerder om maatreëls in te stel sodat daar ’n bevolkingsvermindering sal wees, soos wat die Chinese in die 1970’s (?) ingestel het en wat nou nog, nadat dit ’n dekade of wat gelede herroep is, nog steeds ’n bevolkingsvermindering aan die hand werk. Op nog ’n natuurprogram sê ’n Duitse boer dat boere oor die wêreld heen van onkruiddoders en ander chemikaleë gebruik moèt maak om plae te beheer, want hulle – die wêreld se boere, het 8miljard mense om te voed! Dis goed bekend watse skade onkruiddoders en sulke goed aan die natuur aanrig. Om voedsel te produseer is bye en ander insekte onontbeerlik vir bestuiwing.

Wat moet die mensdom eintlik doen? Verminder en beperk homself tot ’n ewewig wat die natuur kan dra, dan sal daar genoegsame natuurlike hulpbronne vir almal behoue bly, en die aarde kan sy asem terugkry.

Ek praat nie van aborsie nie, verstaan mooi, maar staan geboortebeperking voor. Volgens vooruitbeskouings gaan die wêreld teen 2040+ 10 miljard mense moet onderhou en as dinge onbeheersd voortgaan, hoe gemaak as dit 2070 raak?

(’n Dekade of wat terug, met die SARS-uitbreek, vertel ’n slim ou my die natuur probeer om van die mensdom ontslae te raak deur epidemies en penstilensies, en kyk nou weer: die Koronavirus ...)

’n Vriend van die natuur.

Raed–na–Gael

The post Aardverwarming en klimaatsverandering appeared first on LitNet.

LitNet Akademies-resensie-essay: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

$
0
0

(Spoiler alert vooraf. Louise Viljoen waarsku in hierdie resensie dat dit nié bedoel is vir diegene wat nog nie die roman gelees het en graag deur die verwikkelinge verras wil word nie.)

Die biblioteek aan die einde van die wêreld
Etienne van Heerden

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624089216

1. Eietydse kwessies

Dit was nog altyd ’n kenmerk van Etienne van Heerden se romans dat hy sy stof haal uit die eietydse en die aktuele. Sy Casspirs en Campari’s (1991) eindig byvoorbeeld met ’n toneel wat die geboorte van die nuwe Suid-Afrika uit die donker tonnel van die voorafgaande jare simboliseer. Sy jongste roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld, is ’n poging om ’n greep te kry op onlangse gebeure in Suid-Afrika, meer spesifiek die gebeure rondom die #RhodesMustFall- en #FeesMustFall-bewegings van 2015 en 2016, die onseker posisie van Afrikaners en Afrikaans in die huidige omstandighede en die tegnologiese ontwikkelinge wat dit moontlik maak om mense te alle tye te monitor. Die roman is dus ’n ambisieuse poging om poolshoogte te neem van belangrike verwikkelinge in Suid-Afrika en die groter wêreld.

Ten einde ’n veelkantige blik op die gebeure te kry, stel die roman ’n aantal karakters teenoor mekaar op. Die belangrikste van hierdie karakters is die jong swart aktivis Thuli Khumalo, een van die voorste Valliste en dogter van die struggleveteraan Cat Khumalo, wat bekend is daarvoor dat hy ’n vertroueling is van president Zuma (hier slegs Nommer Een genoem). Teenoor haar staan Ian Brand, ’n Afrikanerman in sy vroeë veertigs, ’n prokureur en eertydse Rhodes-beurshouer, al is dit dan ’n man met ’n ernstige sielkundige knou wat hy in die Grensoorlog opgedoen het. Hulle leer mekaar ken by die Universiteit van Kaapstad, waar hulle ’n seminaar in vertaalkunde volg en die studente-opstande besig is om in alle felheid toe te neem. Dié seminaar lewer twee verdere karakters op wat die mosaïek van Suid-Afrikaansheid moet aanvul: die bruin man, Jerome Maarman, wat sukkel om siel en liggaam aanmekaar te hou terwyl hy studeer, en hulle dosent, dr Eliot, die spreekwoordelike Engelse liberaal.

Hierdie sentrale karaktergroep word aangevul met ’n hele galery van karakters wat elk memorabel is uit eie reg: die struggleveteraan Cat Khumalo en sy makker Sello, wat ’n meester is van kamoeflering en intrige; die plastiese chirurg Piekenier Leqluerck en sy faktotum Snaar Windvogel (bekend uit twee vorige Van Heerden-romans, In stede van die liefde en Klimtol); die Stellenbosse sakeman Groot of Grotius de Grootte, wat planne het om die Afrikanerbevolking te beveilig in omheinde gemeenskappe met omvattende sigbewaking en die handelaar in bordspeletjies, Bill, met sy kantoor in dié deel van Bellville wat Klein Ethiopië genoem word; ook die elegante uitgewer Elizabeth, wat Ian Brand se seksmaat en Thuli se vriendin is. Daar is ook die geheimsinnige dr Zhou, Mandaryns-dosent by die Universiteit van Kaapstad wat vir Thuli klasgee en haar help met kontakte in Sjanghai wanneer sy besluit om China te besoek. Tipies van Van Heerden as romansier wemel dit van die eksentrisiteit en uitspattigheid, met sommige van die karakters wat op die rand van geloofwaardigheid dans, gelukkig sonder dat hulle ooit daarvan afval.

Soos vantevore, bewys Van Heerden homself as meesterbouer van romans deur sy narratief so te konstrueer dat dit deurgaans die aandag van die leser behou deur perspektiefwisselings, tempoversnellings, stylverskuiwings, terugflitse en tergende vooruitwysings. Die roman open byvoorbeeld met ’n toneel van Thuli wat in die water van die Bund by Sjanghai dryf met ’n pyl in haar rug, maar die verteller wys ons daarop dat dié gebeure eers veel later gaan afspeel. Verder laveer die roman soos ’n seiljag in die suidoostewind op Tafelbaai tussen Thuli en Ian se verhale: eers die een se perspektief en dan, teenstrydig daarmee, die ander een s’n. Soms word die vertellings vanuit hulle perspektief afgewissel met ek-vertellings deur Jerome Maarman en soms met kort flitse uit die perspektief van die kruisboogskutter.

Van Heerden noem Die biblioteek aan die einde van die wêreld self in sy nawoord ’n “ideëroman”, wat impliseer dat die karakters en handeling so gekonstrueer word dat dit bepaalde idees belig. Dit is inderdaad so dat ’n narratief dikwels veel beter daarin slaag om die kompleksiteit van persoonlike motiewe, ingewikkelde oorsake en onverwagte gevolge betrokke by die uitspeel van die geskiedenis te verklaar as wat ’n abstrakte relaas dit kan doen. Die idees wat hier fiksionele liggaam kry, is veral die lewensopvattings en dryfvere van jong swart mense in Suid-Afrika (in hierdie geval van ’n jong vrou wat uitermate krities is oor wit mense se rol in Suid-Afrika, maar ook bereid is om die motiewe van haar politikus-vader te bevraagteken); die filosofie en beweegredes van Afrikaners soos Ian wat hom as “lefty” en eertydse Afrikanerdissident nie tuis voel by die regses nie, maar hom ook nie daarvan kan weerhou om kritiek te lewer op omstandighede in Suid-Afrika nie, en die implikasies van die paring van kapitalistiese geldsug en politieke magslus met die nuwe tegnologieë van sosiale media en sigbewaking.

Dit is haas onmoontlik om oor Die biblioteek aan die einde van die wêreld as ideëroman kommentaar te lewer en dit te probeer beoordeel sonder om sommige van die belangrikste plotverwikkelings te onthul en die afloop daarvan te verklap. Hiermee dus ’n waarskuwing dat hierdie resensie nié bedoel is vir diegene wat nog nie die roman gelees het nie en graag deur die verwikkelinge verras wil word nie. Die vernuftige wyse waarop Van Heerden in die loop van die narratief jou lesersverwagtinge fnuik, jou momente van skeptisisme troef en jou nuuskierigheid bevredig, is inderdaad een van die genoeglikste elemente van die roman, so stop hier indien jy nog nie die roman klaar gelees het nie.

2. Thuli, die Fall-beweging en vaderverraad

Soos reeds gesê, word die idees of gedagtekomplekse aan die romankarakters geknoop. Die vrae na die motiewe en oortuigings van die studente van die Fall-beweging word hoofsaaklik vanuit Thuli se perspektief belig. Sy speel ’n belangrike rol in die veldtog en word uiteindelik deur die polisie met rubberkoeëls in die rug geskiet, ’n insident wat dalk gelees kan word as simbolies van die wyse waarop jong swart mense in Suid-Afrika deur die maghebbers in die steek gelaat is. Sy artikuleer die studente se afkeer van die rassisme en seksisme inherent in die koloniale konsepte en epistemologieë wat steeds Suid-Afrikaanse universiteite beheers. Sy spoeg ook gereeld haar minagting vir Ian se idees in hulle vertaalseminaar uit, ten spyte van die feit dat sy soms ’n rygeleentheid van hom aanvaar en hom op die ou end waarsku dat sy lewe in gevaar is.

Studente kom in vrede tydens die #FeesMustFall-beweging (Foto: Myolisi, Wikimedia Commons, CC BY-SA 4.0)

Sy het grootgeword in Londen, waar haar ouers in ballingskap was, en het na die bevryding van 1994 saam met hulle na Suid-Afrika teruggekeer. Sy is intens lief vir haar pa, maar ook krities oor die ouer generasie se manier van doen, en huiwer nie om dit te sê nie. Sy raak mettertyd agterdogtig oor haar pa en sy vriend Sello se doen en late, soseer dat sy begin ondersoek instel na hulle geheime bedrywighede. Vanweë haar betrokkenheid as sensitiwiteitsleser by die uitgewershuis waarvoor Elizabeth werk, maak sy ’n voorstel om ’n manuskrip oor haar verhouding met haar pa te skryf waarvoor sy na Sjanghai moet gaan omdat haar pa duidelik daar belange het. Hier maak Thuli uiteenlopende ervarings mee: Sy begin haar verblyf deur onder ’n trap in ’n vervalle gebou se ingangsportaal te loseer, en wanneer sy dit nie meer kan verduur nie, verhuis sy na die Astor Hotel op die rekening van haar pa. Sy kry geheimsinnige aanwysings van dr Zhou oor ’n boekwinkel wat sy moet besoek en doen uiteindelik ’n Chinese minnaar Jun op wat haar onder andere neem na die Instituut vir Aanmoediging in ’n ongenoemde Chinese stad waar sy – tot haar pa se gramskap – oorreed word om ’n duisend rekenaars van die Chinese regering namens die Fall-beweging te aanvaar. Deurgaans is sy besig om aan die boek te skryf waarin sy, volgens haar eie woorde, vaderverraad pleeg, en stuur sy dele daarvan aan Elizabeth as haar uitgewer.

Die roman onthul mettertyd wat die geheime projek van haar pa en Sello is wat haar daartoe dryf om die boek te skryf. Dit is veral op hierdie punt dat die sogenaamde bederwerwaarskuwing van pas is, omdat ’n mens nie hieroor kan skryf sonder om die afloop van die roman te verklap nie. Thuli kom agter dat haar pa en Sello “Operasie Amok” (’n verwysing na die studente-opstande, die afbrand van treine en lorries op die land se hoofroetes, plaasmoorde onder eliteboere in die Boland, taxi-oorloë en planne vir grondonteiening) orkestreer sodat Suid-Afrika onregeerbaar kan raak. Dit sal Nommer Een die geleentheid gee om ’n noodtoestand uit te vaardig, wat op sy beurt beteken dat hy lank genoeg aan bewind sal bly om amptelike goedkeuring te gee aan haar pa en Sello se planne vir die implementering van ’n omvattende stelsel van meeluistering in die vorm van Operasie BigEar wat vir hulle miljarde rande in die sak sal bring.

Hierdie elemente van die romanintrige, naamlik dat die studente-opstande georkestreer is deur Cat Khumalo en sy vriend Sello (met die hulp van die plastiese chirurg Piekenier) sodat hulle Zuma aan bewind kan hou en miljarde rande wins kan maak uit hulle projek om meeluister- en sigbewakingsapparaat uit China in Suid-Afrika te ontplooi, is een van die mees gewaagde idees wat die roman opper en miskien ’n voorstel wat ’n mens slegs binne die konteks van fiksie kan maak. Ten spyte van die feit dat hierdie interpretasie van die oorsake onderliggend aan die studente-opstande van 2015 en 2016 vir ’n goeie storie sorg, is dit as idee minder oortuigend. Dit vereenvoudig die gebeure tot ’n korrupte plan om geld te maak en neem op dié manier iets weg van die komplekse en onbestuurbare oorsake onderliggend aan die opstande in Suid-Afrika. Dit suggereer ook dat die verskillende rolspelers in die opstande (onder wie Thuli) nie werklik beskik oor eienaarskap van die verset nie, ook dat hulle nie die agentskap het wat nodig is om hulle idees van opstand selfstandig te ontwikkel nie. Die uitbeelding van Thuli se komplekse verhouding met haar pa en die feit dat Cat Khumalo se dogter vir hom uiteindelik belangriker is as sy grootse idee om die ganse Suid-Afrika onder sigbewaking te plaas, gee egter wel ’n aanduiding van die rol wat menslike faktore in die verloop van die geskiedenis speel. Die verhouding tussen Thuli en haar pa kan waarskynlik gelees word as simbolies van die jong swart mense in Suid-Afrika se verset teen die koloniale verlede én die korrupte ANC-vaders. Die slot suggereer dat ten spyte van die feit dat die jongmens baie naby daaraan kom om in die proses te sterf, die liefde van die vader vir die kind tog tussenbeide tree om die kind te probeer red.

3. Ian, die Afrikaner en Afrikaans, die biblioteek aan die einde van die wêreld

Hierteenoor word die posisie van Afrikaners en Afrikaans in die huidige Suid-Afrika veral aan die hand van Ian Brand as romankarakter ondersoek. Ian is op die oog af ’n byna aanstootlik selfversekerde en voortvarende Afrikaner wat ’n vennoot is by ’n suksesvolle regspraktyk. Dit blyk egter ’n front te wees wat ernstige posttraumatiese stres en ’n aansienlike mate van onsekerheid verberg. Hy het as jongman ’n traumatiese insident tydens die Grensoorlog beleef wat behels het dat hy homself moes red ten koste van iemand anders, ’n voorval wat hom steeds jaag. (Indien ’n mens die tydsomme maak, sou Ian – in sy vroeë veertigs in 2016 – wel heel jonk moes gewees het tydens dié insident, op die oudste 17 jaar toe die laaste gevegte in Angola plaasgevind het in 1988.) Hy deel die studenteprotesteerders se afkeer van Rhodes en vertel Thuli dat Jameson, na wie Jameson Hall op die kampus van die Universiteit van Kaapstad vernoem is, ook sý mense verneder het. Hy is bekommerd oor die voortbestaan van Afrikaans en wys sy medestudente in die vertaalseminaar op die ongemaklike ironie dat die Engels wat hulle gebruik, eweneens ’n koloniseerderstaal is.

Die verwydering van Cecil John Rhodes se standbeeld by die Universiteit van Kaapstad in 2015, na aanleiding van die #RhodesMustFall-beweging

Die motoriese moment in Ian se val as karakter is dié waarop hy ’n kritiese twiet oor ’n swart doeanebeampte by die Kaapstad-lughawe se tydsbegrip die wêreld instuur. Dit brandmerk hom as ’n regse “boer” en opperste rassis wat terughunker na die koloniale era en apartheid. Dit maak hom persona non grata in Suid-Afrika en beroof hom ook van sy werk, sy geloofwaardigheid, sy vryheid van beweging en die reg om ’n opinie uit te spreek. Hy word deur regse Afrikaners geëien as ’n held, maar deur die res van die land gesien as ’n rassis ten spyte van die feit dat hy hom telkens probeer losmaak van regse pogings om hom te koöpteer. Ian se situasie sinspeel duidelik op uitlatings soos dié van die filosoof Samantha Vice, wat indertyd geskryf het dat wit mense in Suid-Afrika eintlik nie meer geregtig is daarop om ’n opinie uit te spreek nie en hulle van die publieke diskoers moet onttrek.

Ian is egter die soort karakter wat hom nie daarvan kan weerhou om met “opsetlikheid en woede, soos ’n kleuter wat die gesag van sy ouers uitdaag” (353) te reageer nie. Hy word deur die veldtog wat volg op sy onbesonne twiet gedwing om onder te duik en homself van die openbare toneel te verwyder. Dit is eers later dat dit blyk dat die twitter-veldtog teen Ian kunsmatig aan die gang gehou word as deel van Operasie Amok, bedink deur Cat Khumalo en Sello, met die hulp van Piekenier. Hy wend sekere desperate pogings aan om homself besig te hou en te oorleef: Hy maak kontak met die speletjiesmagnaat Bill, vlieg na Namibië met die plan om saam met ’n toevallige kennis ’n dokumentêr oor die Grensoorlog te maak, en ontmoet vir Grotius, wat dieselfde soort sigbewakingsplanne het as Cat en Sello, maar dit wil aanwend om Afrikaner-gemeenskappe te beveilig. Boonop het hy ’n teisterende verhouding met die uitgewer Elizabeth wat uit vurige seksuele koppelings bestaan, maar min emosionele troos bied. Uiteindelik besluit hy om ’n letterlike gesigsverandering te ondergaan sodat hy onherkenbaar kan wees. Simbolies gesproke mag Ian se situasie daarop sinspeel dat Afrikaners in Suid-Afrika onder verdenking is dat hulle slegs ’n regse, rassistiese verhouding met die hede kan hê en mettertyd gedwing sal word om ’n gesigsverandering te ondergaan wat hulle onherkenbaar sal verander. Dit alles word gekoppel aan die vrae oor sigbewaking wat tot die beskikking van regerings (China en enige korrupte, magsugtige regering wat daarvoor sal betaal) en geldmagte (soos dié van Cat Khumalo of Groot de Grootte) kan kom om daarmee gewone burgers se vryheid van spraak en beweging te bedreig en hulle lewens te beheer.

Die ander belangrike idee wat rondom Ian as karakter ontplooi word, is dié van die “biblioteek aan die einde van die wêreld”. Ian se droom oor ’n “biblioteek aan die einde van die wêreld” is gebaseer op sy kinderdae toe sy pa hulle geneem het na die dorpsbiblioteek in die Karoo waar hy as kind baie tyd deurgebring het. Sy idee is dat die biblioteek in ’n onwaarskynlike uithoek van die Karoo geleë moet wees, ’n plek aan die einde van ’n onbelangrike grondpad. Dit moet op geen manier geassosieer word met monetêre waarde nie: die enigste toegangsfooi tot hierdie biblioteek sal ’n bottel water uit die besoeker se omgewing van herkoms wees wat gestort word in die dam in die agterplaas van die biblioteek. Dit moet ’n toevlug wees vir dié soort geleerdes wat wil vlug van die moderne universiteit as besigheid en ’n ruimte skep vir die aandagtige en geduldige verwerwing van kennis.

’n Karoolandskap suid van Matjiesfontein (Foto: Winfried Bruenken, Wikimedia Commons, CC BY-SA 2.5)

Ian se droom oor die biblioteek word ook geskakel met sy opvatting dat die idee van ’n biblioteek tydens die Valliste se opstand onder beleg is. Hulle aanval op die Universiteit van Kaapstad se Jagger-biblioteek en hulle beskuldiging dat dit verteenwoordigend is van ’n Westerse kultuur wat nié vir hulle ’n veilige ruimte skep nie, gee verdere tekstuur en kontoer aan Ian se idee oor die soort biblioteek wat hy wil oprig. Wat hom betref, moet dit juis nié ’n “safe space” wees nie. Dit moet ’n plek wees waar jy gekonfronteer word met alles wat jou ongemaklik maak. Verder moet dit ’n plek wees waar geen sekerhede heers nie, maar eerder “die kuns van huiwering, van paradoks en onpeilbaarheid” (625). Daarom gaan steel hy met die hulp van Piekenier en sy trawante die kunswerke wat tydens die #RhodesMustFall-betogings as onaanvaarbaar gebrandmerk is en deur die Universiteit van Kaapstad in ’n stoorruimte weggebêre is. Hy wil dit ophang in sy biblioteek sodat die besoekers daar “straffeloos en vry die geseling van kuns [kan] ondergaan” (628). Hiernaas is daar ook ’n skuur wat objekte bevat wat herinner aan die ergste vergrype van die geskiedenis (’n dompas, ’n “Slegs vir Blankes”-bordjie, ’n “Kill all Jews”-graffito) waar die besoeker sigself bereid moet verklaar om daardeur “beledig en ontstig” te word. Onderliggend aan die idee van die biblioteek is dus die ideaal van vryheid van spraak, ook van die onveiligheid en trauma wat kennis van die wêreld en die afskuwelikhede van die geskiedenis kan meebring.

’n Pikante besonderheid is dat die uiteindelike toesighouer by hierdie biblioteek Snaar is, boorling van die Karoo wat in sy lewe onuitspreeklike ellende beleef het en sy woede teenoor geweldenaars laat geld het deur hulle met sy kruisboog af te maai. Hy beland dus na sy verblyf by Piekenier, wat hom wel raakgesien en as individu geëien het, by die biblioteek aan die einde van die grondpad, en lei daar ’n gedempte lewe wat die waardes van die biblioteek weerspieël. Agter hom as “hoeder van hierdie boedel” in “hierdie buitepos van die dink” (626) hang die kruisboog waarmee hy amok gesaai het.

4. Twee slotte

Die uitsig vanaf die Bund in Sjanghai

Die roman word met twee slotte afgesluit. Die eerste slottoneel word gevolg deur die woorde “WORD VERVOLG”, wat suggereer dat dit nie die einde van die verhaal is nie. Hierdie slottoneel keer terug na die roman se begin: Dit beskryf die reeks gebeure wat voorafgaan aan die moment waarop Thuli deur die pyl uit die kruisboog getref word en in die water van die Bund in Sjanghai val. Dit is ook die moment waarop haar pa, wat etlike waarskuwende boodskappe aan haar gestuur het, op die toneel aankom en in die water spring om haar te help met die teddie wat hy vir haar as kind gegee het in sy hand. Die teddie is verteenwoordigend van beide die sorgsame liefde vir haar en die politieke intriges in sy lewe, maar die slot suggereer dat hy uiteindelik ’n keuse maak vir sy dogter.

By die lees van die woorde “word vervolg” besef die leser dat hierdie verhaal nie afgesluit is nie en dat daar waarskynlik nuwe verwikkelinge op die horison lê. ’n Mens hoop ook dat daar in ’n moontlike vervolg aandag gegee sal word aan dié verhaalelemente wat nie volledig ontwikkel is nie. Die karakter Jerome Maarman (die enigste aan wie die ek-vertelvorm gegun word) kry byvoorbeeld nie die kans om volledig tot sy reg te kom as potensiële teenspeler van die swart vrou Thuli en die wit mans Ian en dr Eliot nie. Hy kom uit ’n agtergrond van ontsegging en leef in erbarmlike omstandighede terwyl hy probeer studeer; hy weier om hom te laat koöpteer deur Ian in sy argumente oor Afrikaans, maar laat hom wel oortuig om handlanger te wees vir die studente-opstandelinge. Simbolies gesproke is Jerome ’n belangrike tussenfiguur wat deur beide swart en wit misken word, en dr Eliot die Engelse liberaal wat deur die swart studente geminag en as manipuleerbare swakkeling beskou word. Die outeur sou van Jerome ’n sterker karakter met meer verteltyd kon maak: syne is ’n verhaal wat ook vertel moet word. Ook die motiewe agter die plastiese chirurg dr Piekenier Leqluerck se betrokkenheid by Cat Khumalo en Sello se planne word nie volledig duidelik gemaak nie en sou in ’n vervolgroman helderder belig kon word.

Die eerste slot van die roman word gevolg deur ’n vertelling getitel “Agterna. Heathrow, Londen – Terminaal 5”. In dié afdeling is Ian Brand, dié keer as ek-spreker, aan die woord as wêreldreisiger wat hom saam met ’n groep ander wêreldburgers wy aan die stryd teen die wyse waarop sosiale media, sigbewaking, inligtingstelsels en masjienleer besig is om sekere menslike vryhede te bedreig. Hy lewer sy bydrae as regskenner op die gebied van ingeligte instemming. Hierdie deel van die roman skakel dus – soos die intrige in die res van die roman (Cat en Sello se planne vir BigEar, Thuli se ondervindings by die Instituut vir Aanmoediging, Ian se val as gevolg van sy twiet, Grotius se planne vir sigbewaking in sekuriteitskomplekse) – met die ander groot idee of vraagstuk wat die roman ondersoek, naamlik die idee dat die mensdom uitgelewer is aan die herkenbaarheid wat sosiale media bring en die potensiële gevolge van meeluistering en gesigsherkenningstelsels. Cat Khumalo en Sello se planne om BigEar te installeer op ongeveer alle elektroniese apparate wat mense in Suid-Afrika gebruik, impliseer dat die regering deur meeluistering en die insameling van data uiteindelik volledige beheer oor die bevolking kan kry. Grotius se planne om sekuriteitswoongebiede met gesigsherkenningstelsels te bewaak, gee te kenne dat hulle enklaves sal kan oprig wat hulleself volledig afsluit van die res van die gemeenskap. Die roman suggereer verder dat hierdie tegnologie veral in die hande van China lê wat dit sal kan gebruik om sy mag oor die res van die wêreld uit te brei. Daarnaas speel die roman ook met die idee (byvoorbeeld in Leqluerck se operasies om Snaar Windvogel te help om ’n geslagsverandering te ondergaan en sy projek om van die popliteale fossa – die agterkant van die knie – ’n begeerlike en opereerbare deel van die liggaam te maak) dat chirurgiese ingrepe op die menslike liggaam uiteindelik kan lei tot ’n punt waar die biologiese mens masjien begin word en kunsmatige intelligensie ’n steeds belangriker rol sal begin speel.

Die roman se tweede slot keer terug na die herhaalde sinspelings op Ian Brand as ’n soort Bart Nel-figuur in Van Melle se roman Bart Nel. In die gedeeltes wat voorafgaan, word Brand herhaaldelik in verband gebring met Bart Nel wat ten slotte, nadat hy álles verloor het wat vir hom belangrik was (sy familie, sy plaas, sy politieke ideaal van onafhanklikheid), die uitspraak maak: “En ek is nog hy.” Ian Brand is dus ’n voortsetting van die literêre tipe van die Afrikaner wat nie wyk van sy oortuigings nie, wat ten spyte van kwalike gevolge by sy standpunte bly en die verliese wat dit bring byna gelate aanvaar. Dit is om hierdie rede dat ’n mens wonder oor die vertelling ná die roman se eerste slot waarin Ian voorgehou word as ’n globale stryder in die stryd teen die skadelike gevolge van tegnologiese ontwikkelinge. Presies hoe hy die oorgang maak van ’n posisie van abjekte uitgeworpenheid in Suid-Afrika na lid van ’n uitgelese groep mense van regoor die wêreld wat ’n aksiegroep vorm teen die infiltrasie van mense se lewens deur sigbewakingstelsels en die OECD (Organisation for Economic Cooperation and Development) adviseer oor kunsmatige intelligensie, spel die roman nie vir ons uit nie. Vir my gevoel neem dié toevoeging tot die roman waarin Ian voorgehou word as ’n ietwat melankoliese, maar tog selfversekerde wêreldburger, iets weg van die tragiek van sy posisie as ’n soort Bart Nel-figuur wat alles kwyt is maar tog sy identiteit behou. Vanuit ’n ander hoek gesien, kan die slot egter suggereer dat die Afrikaner sal kan oorleef slegs indien hy opgaan in ’n globale bestaan.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld is ’n waagmoedige en provokatiewe besinning op ons tyd en die vraagstukke wat dit opwerp. Van Heerden kry dit reg om van die belangrikste probleme wat Suid-Afrika en ook die groter wêreld konfronteer, aan te spreek in ’n verbeeldingryke fiksionele struktuur waarin oortuigende karakters mekaar opponeer, beïnvloed en bepaal. Alhoewel hy wel daarin slaag om van die jong swart vrou Thuli en haar familie geloofwaardige karakters te maak, kry ek die gevoel dat die roman se swaartepunt by die karakter Ian lê. Die mees aantreklike element in die boek is die idee van ’n biblioteek, gevestig in ’n godverlate plek aan die einde van die wêreld, wat die ou ideale van die langsame verwerwing van kennis deur toewyding en die gewillige blootstelling aan die gevaar van omgaan met idees wat nie noodwendig met jou eie strook nie, verteenwoordig. Dit is veral op hierdie punt dat die roman my oorrompel en oortuig het.

Lees ook:

Video: Stellenbosch-bekendstelling van Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

Resensie: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

The post <em>LitNet Akademies</em>-resensie-essay: <i>Die biblioteek aan die einde van die wêreld</i> deur Etienne van Heerden appeared first on LitNet.

De nieuwe leerstoel in Zuid-Afrika gaat verder dan de traditionele neerlandistiek

$
0
0

..........

“Beide talen openen voor studenten een venster naar een andere wereld, verschillende culturen, een rijke en levendige literatuur.”

..........

De Gentse hoogleraar Yves T’Sjoen is de drijvende kracht achter een nieuwe Zuid-Afrikaanse leerstoel “Nederlands in een meertalige context”. Als het lukt om de benodigde financiering te vinden, zal er elk jaar een nieuwe “mobiele leerstoelbekleder” aangewezen worden die een rondgang zal maken langs meerdere Zuid-Afrikaanse universiteiten.

De nieuwe hoogleraar zal niet het Nederlandse of Vlaamse standaardrepertoire afdraaien. De inhoud van de colleges wordt vastgesteld in gelijkwaardig overleg met de ontvangende departementen, en inspelen op de vragen die daar leven.

Yves T’Sjoen (Foto: Naomi Bruwer)

In de wandelgangen hoor ik geruchten over een leerstoel Nederlandse taal- en letterkunde in Zuid-Afrika. Van welke instellingen gaat dit initiatief uit?

Voor de duidelijkheid: dit is geen leerstoel Neerlandistiek of dus Nederlandse taal- en letterkunde. De werktitel is voorlopig “Nederlands in een meertalige context – culturele diversiteit”.

De leerstoel richt zich op het Nederlands, in contact met andere talen in Zuid-Afrika. De invulling van de leeropdracht richt zich méér op culturele studies dan louter op het Nederlands. Ook in het Nederlandse taalgebied ligt de focus van een opleiding Nederlands niet uitsluitend meer op de literaire productie of de taalgeschiedenis en taalkunde van het Nederlands.

..........

“Gezien de belangstelling in Zuid-Afrika en in de Lage Landen denk ik dat we het ijzer moeten smeden terwijl het heet is.”

..........

Nederlands in de eenentwintigste eeuw, in een compleet andere sociale en culturele context dan pakweg twee decennia terug in de tijd, is een linguïstisch amalgaam waar verschillende culturen en talen in participeren. Die (culturele) diversiteit van het Nederlands zullen we met de leerstoel uitdragen: Nederlands als inclusieve taal waarin mensen van verschillende culturele en etnische achtergronden zich thuis voelen. De culturen in Nederland en Vlaanderen vandaag zijn divers – dat waren ze altijd al – en in een geglobaliseerde wereld moet er aandacht zijn – ook en vooral in opleidingen Nederlands – voor méér meertaligheid en interculturele dialogen.

Het initiatief is genomen door de Universiteit Gent in samenspraak met de Taalunie. Na de bevraging van departementen in Zuid-Afrika – in september 2018 en ook vorig jaar (UWK en Stellenbosch) – is een plan voorgelegd aan collega’s van zes universiteiten in de Lage Landen waar Afrikaans (taal- en/of letterkunde) en Zuid-Afrika-studie wordt aangeboden: Amsterdam, Antwerpen, Gent, Groningen, Leiden en Utrecht.

Nadat ik een mandaat kreeg van de directeur Internationalisering van de UGent, professor Guido van Huylenbroeck, na overleg met de Gentse collega’s Timothy Colleman, Jacques van Keymeulen en Annelies Verdoolaege, kon ik samen met Margriet van der Waal, leerstoelbekleder in Amsterdam, een vergadering bijeenroepen.

Het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam faciliteerde op 19 december 2019 het overleg. De collega’s van de Taalunie (Hans Bennis, Karlijn Waterman, Jo Sterckx) en ik zijn conform de beleidsprincipes van de Taalunie van oordeel dat in de Lage Landen een Nederlands-Vlaams interuniversitair draagvlak moet bestaan om een leerstoel voor Zuid-Afrika te concipiëren.

Over financiën wordt thans nog gepraat. Bilaterale raamakkoorden en ook EU-fondsen kunnen worden aangewend om het ambt te betoelagen. De Taalunie financiert geen leerstoelen, maar is wel bereid de binnenlandse reizen van de leerstoelbekleder te vergoeden. Ook bij andere instanties in Nederland, België en Zuid-Afrika wordt momenteel aangeklopt.

..........

“Die (culturele) diversiteit van het Nederlands zullen we met de leerstoel uitdragen: Nederlands als inclusieve taal waarin mensen van verschillende culturele en etnische achtergronden zich thuis voelen.”

..........

De leerstoel wordt voor een termijn van vijf jaar opgericht. De leerstoelhouder zal drie of vier maanden in Zuid-Afrika actief zijn. Afhankelijk van de evaluatie door collega’s in Zuid-Afrika en de Lage Landen wordt later bekeken of het initiatief voldoende productief is, aan de verwachtingen voldoet en al dan niet zal worden gecontinueerd.

Ik begrijp dat de leerstoel telkens door een andere hoogleraar bekleed zal worden, net als bij de Afrikaanse leerstoel in Gent. Voor welk termijn zal een hoogleraar aangesteld worden? Is het al bekend wie de eerste leerstoelhouder wordt en wanneer gaat hij/zij beginnen?

We spreken inderdaad over een “rondreizend docent”, een mobiele leerstoelbekleder. Mogelijk is de vestigingsplaats UWK en/of Stellenbosch. Een andere mogelijkheid is dat ieder jaar opnieuw naar een andere universiteit wordt uitgekeken waar de docent een aanstelling heeft. Wij gebruiken voor de leerstoel in Zuid-Afrika inderdaad het “Gentse model”, met een wisselhoogleraar en met expertises die elkaar afwisselen (taal- en letterkunde; ook bijvoorbeeld geschiedenis, culturele studies, vertaalwetenschap etc.).

Ieder academisch jaar wordt aan de UGent door de raad van advies van de leerstoel, daarin gevolgd door de commissie gastprofessoren (Commissie Wetenschappelijk Onderzoek) en de faculteitsraad, een Zuid-Afrikaans onderzoeker-lesgever aangesteld voor een periode van drie maanden. Afwisselend komen taal- en letterkunde aan bod.

Foto: Unsplash.com

Gedurende één semester is de docent inzetbaar aan verschillende universiteiten in Zuid-Afrika, in overleg met de collega’s en afhankelijk van de lokale noden en verzuchtingen. Er wordt ook nagedacht over langeafstandsonderwijs (MOOC), maar die formule is duur en vergt jaarlijks een actualisering. Ik denk persoonlijk dat de aanwezigheid van een docent en het contact met collega’s en studenten heilzamer is, méér zoden aan de dijk zet. Vooral gezien het opzet van de leerstoel die contacten moet bevorderen.

Er is nog geen naam omdat er nog geen consensus is over de invulling van het ambt, laat staan een profiel. De betrachting is in ieder geval in 2020 van start te gaan. Gezien de belangstelling in Zuid-Afrika en in de Lage Landen denk ik dat we het ijzer moeten smeden terwijl het heet is. Dat momentum is nu, denk ik.

Je zei al dat de leerstoelhouder meerdere Zuid-Afrikaanse universiteiten zal bedienen. Om welke universiteiten gaat het?

Alle departementen Afrikaans en Nederlands (en soms méér talen) van Zuid-Afrikaanse universiteiten kunnen een beroep doen op de rondreizende leerstoelbekleder. Deze regeling vergt een hele organisatie, maar we willen er in ieder geval voor zorgen dat de ambtsbekleder betrokken is bij zoveel mogelijk instellingen waar belangstelling bestaat. Het is geenszins de bedoeling vanuit het Nederlandse taalgebied wat dan ook op te leggen.

..........

“De colleges worden afgestemd op het doelpubliek, rekening houdend met het curriculum van de betrokken departementen.”

..........

In dialoog met onze partners in Zuid-Afrika – een evenredige dialoog – bekijken we wat mogelijk en wenselijk is. Aangezien er in Zuid-Afrika interesse is voor dit plan, spreekt het voor zich dat de docentenplatforms (Kaaps Forum en Noordelijk Kennisnetwerk), samen met SAVN en SASNEV, direct betrokken zijn. Met de docentenverenigingen zijn contacten gelegd en de waardering voor het plan is groot.

Zal de leerstoelhouder alleen college geven aan studenten, of bijvoorbeeld ook workshops aan collega’s geven, onderzoek doen, onderzoek (MA en PhD) begeleiden en samenwerkingsprojecten opzetten? Kunnen we openbare optredens verwachten, bijvoorbeeld tijdens kunstefeeste? En deelname aan het publieke debat?

De collega die het ambt bekleedt, zal niet alleen colleges geven. Ook studiebegeleiding (zoals scriptie- en promotieonderzoek) wordt door de docent waargenomen. Zoals de collega’s bij UWK het stellen, is het van belang dat in overleg met het departement, mede afhankelijk van het onderwijsaanbod, de cursussen worden geconcipieerd. Of zoals collega’s opperden tijdens het overleg in het Zuid-Afrikahuis: het ligt niet in de bedoeling van het ambt op “ouderwetse wijze” in Zuid-Afrika Bredero of Multatuli te onderwijzen (“top down”).

De colleges worden afgestemd op het doelpubliek, rekening houdend met het curriculum van de betrokken departementen. De scriptiebegeleiding van studenten moet ook na de ambtstermijn van drie of vier maanden worden voortgezet. Op die manier wordt gezorgd voor continuïteit en betrokkenheid die niet eindigt met het aflopen van de aanstellingstermijn.

Van meet af aan is duidelijk gemaakt dat de docent affiniteit moet hebben met het academische én culturele landschap. Bezoek aan en optredens bij kunstefeeste liggen voor de hand. De docent zal niet in een ivoren toren plaatsnemen, afgesneden van het maatschappelijk leven, en alleen periodiek zijn of haar cursussen aanbieden.

..........

“Het is geenszins de bedoeling vanuit het Nederlandse taalgebied wat dan ook op te leggen. In dialoog met onze partners in Zuid-Afrika – een evenredige dialoog – bekijken we wat mogelijk en wenselijk is.”

..........

Betrokkenheid bij het sociale en culturele leven spreekt voor zich. Bovendien zal een dergelijke ingesteldheid het contact met collega’s en studenten bevorderen en ertoe bijdragen dat de gastcolleges op maat van de regio en de plaatselijke verwachtingen worden geconcipieerd. In dat opzicht is een bijdrage aan het publieke debat wenselijk. Ieder die het ambt bekleedt, zal een andere invulling geven. Het profiel moet niet strak worden geformuleerd, maar enkele criteria of basisvereisten zijn wat mij betreft wel noodzakelijk. Samen met professor Margriet van der Waal, leerstoelbekleder in Amsterdam, denk ik dat dit de bewegwijzering kan zijn.

Hoe luidt de leeropdracht? Welke aspecten van de neerlandistiek zullen behandeld worden?

De leeropdracht is dus breed en divers geformuleerd. En nogmaals – ik kan het niet genoeg benadrukken – het gaat niet over een leerstoel neerlandistiek (in de smalle betekenis van deze wetenschapsdiscipline). Zoals we in Gent geen leerstoel Afrikaans hebben, maar Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij. Het gaat om dat meervoud (Afrikaans in contact met andere talen): veeltaligheid en culturele diversiteit. Het is precies ook op die manier dat Margriet de Waal in Amsterdam invulling geeft aan haar ambt bij de Universiteit van Amsterdam.

Hoeveel belangstelling verwacht je voor deze nieuwe buitenpost van de neerlandistiek in Zuid-Afrika? Waarom zouden Zuid-Afrikaanse studenten van vandaag Nederlandse taal- en/of letterkunde willen studeren? Wat kunnen ze daarmee worden? Waar liggen de kansen?

Momenteel zijn in de Lage Landen zoals gezegd zes universiteiten betrokken bij het initiatief. Ook de Taalunie is betrokken bij de besprekingen. Wij hopen met de opvolger van Hans Bennis, algemeen secretaris van de Taalunie, op de ingeslagen weg verder te gaan. De Universiteit Gent steunt bij monde van het bestuur (directie internationalisering) dit plan. Zodra de leerstoel is opgericht en concreet invulling wordt gegeven aan het ambt, conform de inzichten en verwachtingen van de betrokken universiteiten, denk ik dat de belangstelling nog zal toenemen.

Het is al lang bekend dat het Afrikaans als instructie-, wetenschaps- en publicatietaal onder druk staat aan Zuid-Afrikaanse universiteiten. Ook in de Lage Landen is een debat gaande over de positie van het Nederlands in een meertalige context. Er zijn nog steeds vele studenten die in Zuid-Afrika opteren voor een opleiding Afrikaans (en Nederlands).

..........

“Nu er twee leerstoelen Zuid-Afrika bestaan in de Lage Landen, is het goed dat ook in Zuid-Afrika een wisselleerstoel wordt opgericht, zodat de dialoog optimaal wordt gevoerd.”

..........

Bij Unisa (Universiteit van Suid-Afrika) zijn circa 15000 studenten ingeschreven voor Afrikaans. Beide talen zijn historisch verwant en openen voor studenten in Zuid-Afrika respectievelijk de Lage Landen (of waar ook Nederlands wordt bestudeerd als vreemde taal) een venster naar een andere wereld, verschillende culturen, een rijke en levendige literatuur.

Aan de reguliere universiteiten neemt het aantal inschrijvingen af, zoals voor de opleidingen Nederlands aan Nederlandse en Vlaamse universiteiten. Ook de personeelsbezetting krimpt in: er is minder geld voor departementen Afrikaans. Nochtans is het noodzakelijk dat de taal van zovele mensen (Afrikaans in Zuid-Afrika: 13,5% van de bevolking, overwegend bruin mense) en bijvoorbeeld de literatuur in die taal op universitair niveau blijvend worden bestudeerd.

Dat kan vandaag niet meer zoals vroeger. Het geldt ook voor de studie Nederlands. Wie zich vandaag alleen nog beperkt tot de literatuur van de regio en geen internationaal vizier hanteert (translational en transnational studies), sluit zich op in een provincialistisch denkkader.

Wie talen studeert, is een rijker mens. Meertaligheid is fundamenteel voor het goed functioneren in de samenleving. Communicatieve vaardigheid is essentieel, voor welk beroep dan ook. Méér talenstudies is het devies.

Het Afrikaans ligt aan Zuid-Afrikaanse universiteiten onder vuur. Historisch is het Nederlands in Zuid-Afrika een koloniale taal. Zou een nieuwe opleving van de neerlandistiek ook op protest kunnen stuiten? Hoe zou je eventuele bezwaren kunnen weerleggen?

Indien neerlandistiek op die smalle manier wordt betekenis gegeven, denk ik dat het protest terecht zou zijn. Indien de studie van het Nederlands in een breder (veeltalig, multiperspectivistisch) kader wordt aangeboden, dan is er aanzienlijk minder reden om dit initiatief te contesteren. Daarenboven is dit een leeropdracht die in samenspraak wordt bepaald, en absoluut niet opgelegd vanuit de Lage Landen.

Nu er twee leerstoelen Zuid-Afrika bestaan in de Lage Landen, is het goed dat ook in Zuid-Afrika een wisselleerstoel wordt opgericht, zodat de dialoog optimaal wordt gevoerd. Meertalige context en culturele diversiteit zijn de uitgangspunten van de drie ambten, in Nederland, Vlaanderen en Zuid-Afrika. Met een modewoord kun je spreken over bevordering van de inclusiviteit. Het is aan de betrokkenen om hieraan een optimale invulling te geven.

Hoe verloopt de sollicitatieprocedure? Kunnen belangstellenden zich melden, of wórdt de hoogleraar gevraagd? Wie zitten er in de benoemingscommissie?

Voorlopig zijn hieromtrent nog geen beslissingen genomen. Er zal een oproep worden verspreid met functiebeschrijving en vereiste competenties. Een raad van advies is nodig die toeziet op de concrete invulling. Collega’s van universiteiten in de Lage Landen en in Zuid-Afrika zullen zetelen in dat gremium. Over de specifieke werkwijze laat ik mij niet uit omdat dit nog onderwerp van interuniversitair gesprek is.

Overigens is het nu aan de universiteiten om een inventaris te maken van alle samenwerkingsakkoorden met Zuid-Afrikaanse partnerinstellingen. Een overzicht van bilaterale akkoorden en projecten is fundamenteel om voort te bouwen. Met de collega’s is afgesproken dat we alvast informatie verzamelen en met elkaar delen. Vervolgens zal een tweede overleg plaatsvinden teneinde spijkers met koppen te slaan.

..........

“Wie zich vandaag alleen nog beperkt tot de literatuur van de regio en geen internationaal vizier hanteert, sluit zich op in een provincialistisch denkkader.”

..........

Wellicht zullen we van bestaande raamakkoorden gebruik kunnen maken om de eerste leerstoelbekleder(s) aan te stellen, afhankelijk van de bepalingen in de bestaande contracten (docentenmobiliteit). Ik voeg er nog aan toe dat in overleg met SAVN, Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland en de Taalunie wordt bekeken of méér Zuid-Afrikaanse studenten van de uitwisseling gebruik kunnen maken.

Voorlopig reizen studenten vooral naar Amsterdam, Leiden of Utrecht. Ook in Antwerpen en Gent (Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika) zijn deze studenten natuurlijk zeer welkom. De beurzen gelden voortaan ook voor Vlaamse universiteiten.

Ik denk dat jij zelf een logische en terechte kandidaat zou zijn. Als jij vroeg of laat de leerstoelhouder zou worden, welke doelen zou je dan voor je zelf stellen? Wat hoop je te brengen, en wat hoop je zelf uit die tijd mee te kunnen nemen? 

Om alle eventuele misverstanden de wereld uit te helpen. Dit initiatief is niet genomen voor persoonlijke doeleinden. Momenteel ben ik aangesteld als buitengewoon hoogleraar in Stellenbosch, promotor van de leerstoel Zuid-Afrika in de faculteit Letteren en Wijsbegeerte (UGent) én ik ben aangesteld als mentor van het VisionKeepers-project van Unisa (dr. Alwyn Roux).

Ik zelf zal het ambt dus niet bekleden. Mijn rol is vooral coördinerend, hoogstens ben ik een bemiddelaar en vertolk een brugfunctie. Door gesprekken te faciliteren met collega’s van verschillende universiteiten, tracht ik in overleg een mooi project tot stand te brengen. Omdat ik samen met de collega’s overtuigd ben van het belang van een dergelijk mandaat, zet ik er vastberaden mijn schouders onder.

Binnenkort heeft een gesprek plaats met Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad): de Taalunie en de ATR sluiten in Den Haag eerstdaags een samenwerkingsakkoord. De geplande leerstoel in Zuid-Afrika kan in die samenwerking een actieve rol spelen. Ik heb daar zelf geen belang bij, maar wil het initiatief helpen realiseren. Het is aan de collega die het ambt invult, om er een spannend verhaal van te maken dat aanspreekt in Zuid-Afrika. Studenten en collega’s moeten het optreden van de leerstoelbekleder ervaren als zinvol en stimulerend.

Lees ook op Voertaal

Nederlandse leerstoel vir universiteite in Suid-Afrika beoog

T’Sjoen oor taalkwessies en noodsaak van "krachten bundelen, banden smeden, de bestaande expertise delen"

Gentse intreerede Louise Viljoen in het teken van "waagmoed"

Wannie Carstens: "Iedereen verliest bij een te dominant Engels"

Nuwe leerstoel in Gent toonbeeld van internasionalisering deur Nederlands én Afrikaans, sê Hein Willemse

In Afrikaanse letterkunde word ons globale verbondenheid steeds meer sigbaar, sê Margriet van der Waal

Spreken en gehoord worden

Hoogleraar Margriet van der Waal bekyk geskiedenis van SA leerstoel in Amsterdam en die rol daarvan vandag

The post De nieuwe leerstoel in Zuid-Afrika gaat verder dan de traditionele neerlandistiek appeared first on LitNet.

Delayering the doek – ’n intercultural symbol vir vrouens

$
0
0

It begins with geometry –
A square folded half
three-tiered, naked edges,
a shape now formed,
neither here nor there,
the legacy of Egypt,
a dream for Pythagoras.         

Uit: At her feet deur dramaturg Nadia Davids

Tasneem draai haar pashminadoekie oor haar hare en skouers (Foto: Kaidisi Photography)

Die quote immediately laat my dink aan my childhood dae in Madrassa, tussenie jare 1998 tot 2004, wanneer die “three-tiered” triangular-shaped doek die fashion was. Ôs herrit soe elke dag Madrassa toe gedra saam’t ’n salaah top! My goei Genadendal! Doekie fashion het omtrent since daai tyd ve’anner – dankie tog! Nou dra ôs net pashminas, ’n lang rectangular doek wat jy jou kop kan toedraai, soes ’n shawl virrie hare. Jy kry selfs pashminas wat slightly dikker’er is, virrie skouers wanner dit ’n bietjie chilly daa buite is.

Doekiepryse het oek ge-increase since daai tyd. Die regular petrol increase issie die enigste crisis vir ôs independent Slamse vroumense wat karre ry nie – albei sit ’n dent in ôs wallets! Wanner ek in my hoërskooljare was, kon ek ’n swart pashmina gekoep’t vir R60. Nou skietie pryse op na amper R300 vir ’n mooi pashmina wat jy by ’n bruid of ’n gala dinner kan dra. Die doekie/pashmina business owners thrive omtrent deur ôs doekie needs te provide.

Although het ek basically my hele liewe doekie gedra, wassitie altyd soe simple’ie. Innie Muslim-huis het ôs gelee dat ’n volwasse en modest Muslim-vrou altyd ’n doek dra. Maa ek het ’n doekie complex develop toe ek 19 jaar oud was en ’n universiteitstudent geword’t. Though ek baie lief was vir my doek, ek wassie altyd lief vir hoe die doek in my social gemeenskap gerepresent was. Soms het die doek soos ’n symbol van elitism gevoel. Baie Muslim-vroue wat doek dra, kyk af aan ’n jong meisie wattie regularly doekie dra nie (ek wassie so regular met doekie dra daai tyd’ie). Soms herrit soes ’n kompetisie gevoel met jong ryk Slamse mense innie gemeenskap – wie kan uitwys ennie duurste hijaab voor ammal dra.

In retrospect realise ek nou dat my gedagte hie’oo is nie net ’n result van classism, maa oek internalised Islamophobia wat nou ’n baie groot ding is innie wêreld vanaf 9/11. Vir ’n kort tyd het ek heeltemal refuse om doekie te dra. Ek herrit afgehaal en besluit dat tot ek die doekie complex kan vestaan, gaan ek glad’ie doekie dra nie. Maar net twee of drie jaar later, toe ek klaar met my BA-graad was, het ek gerealise dat ek’et my devotion – my kosbare liefde – virrie doek opgegie deur hierie internalised Islamophobia. By 2016 het ek besluit ek wil met my Muslim identity reconcile – en met hijaab reconcile. Dit wassie maklikie – hoe vind djy weer liefde vir ’n doek as djy vorige jare convinced was dat daai selfde doek ’n symbol van jou oppression is?

Dankie tog dat ek van Suid-Afrika is! Complain soveel as wat djy wil oor ôs democracy en ôse unresolved political issues, maarie feit is dat die geleentheid om in ’n democracy te liewe het eintlik vir my gesave – my Muslim identity gesave. Luckily het my ouers oek vir my geleer van kleins af hoe om vrinne te maak met kinners van anner kulture. En toe ek met my graad klaar was, het ek baie vrinne vannie anner kulture, plekke en geloofde innie gemeenskap gemaak. Ek’t gesien hoe lief my Xhosa- en Rastafarian-vrinne (albei mans en vrouens) is vir doekie dra – hulle het hulle eie style van doekies en turbans wrap op hulle koppe!

Tasneem Daniels met Rastafarian-songwriter Mawonga Madleni

Ek’t recently ’n Rastafarian-songskrywer ontmoet, en hy’t vir my geleer dattie Rasta-style van turban-en-rope dra kom vannie Ethiopian Orthodox Church. Die priests drarit as ’n symbol van respek en humility. Kort daana hettie turban-en-rope popular geword byrie Bobo Ashanti Rastafarians wie dieselfde opgedress het soes die Ethiopian Kerk priests.

Oppie Indian subcontinent dra die getroude Hindoe- en Sikh-vroumense ’n ghoonghat (’n kopdoek) – generally word die aanchal of pallu, die los einde van ’n sari, oorie kop en gesig getrek (’n mens sien gereeld ’n sari in Bollywood movies). ’n Dupatta (lang doek) word oek gereeld as ’n ghoonghat gebruik. Hindoevroue se gesigsweef as deel van alledaagse klere is deesdae meestal specific tot die noordelike streek van Indië.

Foto van Bollywood Enchanted-dansproduksie met Taare in Kaapstad. Hierie dansers is geklee in kathak-drag (drag vir Indiese klassieke dans). Hulle doen ’n “Salaam” of “Groete”-pose tydens die dans uit die Mughal-era toe Indië onner Muslim-bewind was. (Foto: Victor Kirov)

Ek’t eintlik nou recently geleer dat die woord “doek” is Nederlands vir “cloth”. Hierie doek behoort eintlik aan baie cultures en het baie verskillende name – hijaab, turban-en-rope, ghoonghat en habit (Roman Catholic). Om hierie multicultural kennis te dra het my laat vry voel. Al hoe wiet ek dat ôs geskiedenis verskil oor hoekom ôs dit dra, herrit my ’n nuwe kreatiewe lens gegie om na hijaab te kyk. Dit het oek vir my connect aan vrouens van baie anner agtergronde wat oek lief is om doekie te dra!

Innie apartheid en colonial times was segregation ’n groot ding gewies. Dis so snaaks om te leer dat as ek in ’n anner tyd gebore was, het ek miskien nie necessarily dieselfde discoveries oor my verhouding met hijaab gemaak deur multiculturalism nie. Hierie woord remind oek vir my dat ’n doek oek dieselfde doek is wat ôs gebruik om ôse self skoon te maak (handdoek), om ôs toe te maak wanner ôs slaap (kombers) en ôse venste’s mooi te maak (curtains). Soms kan ôs extremists wies in ôse lifestyles en manier van dinge doen. Soms is extremism oek op ignorance ge-base, ignorance oo ôse self en anners. Die experience het my gelee dat om in vrede te woon met al ôs kulture se rituals, moet ôsie soe attached wies aan woorde nie, en ôs moetie obsessed wies met ôse appearances. Ôs moet eira fokus op ôse innerlike toestande – die doekie moet ôse innerlike spiritualism complement.

Woordeskat

Doek – plaaslike term vir ’n serp wat jy op jou kop dra of rondom jou nek sit

Madrassa – Arabies vir “skool”; ’n skool waar Muslim-mense oor hulle geloof gaan leer

Slams – derogatory woord vir “Muslim”

Salaah top – ’n lang rok en doek wat Muslim-meisies dra wanneer hulle Madrassa toe gaan

Hijaab – term wat gebruik word om die bedekking van kop en liggaam deur Moslemvroue te beskryf

Verdere lees:

The post Delayering the doek – ’n intercultural symbol vir vrouens appeared first on LitNet.


Nou in die verlede: Cry, the Beloved Country en Alan Paton se vrese

$
0
0

Lees in hierdie artikel oor ’n gebeurtenis wat vandeesweek in die geskiedenis plaasgevind het.

Saterdag 1 Februarie 2020

Cry the beloved country, for the unborn child that’s the inheritor of our fear.
Alan Paton

Die aanhaling hier bo kom uit Alan Paton se grondverskuiwende roman Cry, the Beloved Country, wat deur baie beskou word as dié deurslaggewende anti-apartheid kernteks – hoewel apartheid as amptelike regeringsbeleid eers later in wetgewing sy inslag gevind het. Op 1 Februarie het ons die dag gedenk waarop hierdie werk in 1948 gepubliseer is.

Paton, ’n wit Suid-Afrikaner, vertel hierin die verhaal van ’n swart Suid-Afrikaanse priester, Stephen Kumalo, wat op ’n soektog vertrek na sy verlore seun, Absalom. Stephen Kumalo is ’n stil, beskeie man wat op sy geloof vertrou om hom deur moeilike omstandighede te dra. Wanneer hy en sy medepriester, Msimangu, uitvind dat Absalom gearresteer is vir die moord op ’n wit aktivis wat vir rassegelykheid gestry het, en dat hy nou teregstelling in die gesig staar, begin Kumalo hom aktief vir versoening en geregtigheid beywer.

Hierdie roman is ’n sosiale protes teen die destyds bestaande openbare en sosiale strukture wat uiteindelik tot apartheid sou lei. Ironies genoeg sou die Nasionale Party slegs vier maande na die publikasie van hierdie werk aan bewind kom en hulle apartheidsbeleid gedurende die daaropvolgende vier dekades implementeer.

Paton probeer deur sy werk ’n gebalanseerde beeld gee van die teenstrydighede binne hierdie strukture. Wit Suid-Afrikaners beeld hy uit as slagoffers van ’n “inheemse misdaad”, terwyl swart Suid-Afrikaners ly onder sosiale ongelykheid en die vernietiging van tradisionele swart gemeenskappe eie aan Afrika. Dit stel baie van die probleme in ’n ongelyke Suid-Afrika aan die kaak, soos die reservering van swakker-gehalte-grond vir swart Suid-Afrikaners, die disintegrasie van tradisionele gebruike binne plattelandse gemeenskappe en die migrasie van jong, swart Suid-Afrikaners na die stede. Maar die deurlopende, heersende tema regdeur Cry, the Beloved Country is die nadelige uitwerking wat vrees op die Suid-Afrikaanse samelewing het.

Volgens Paton word hierdie vrees en paranoia aangevuur deur ’n gebrek aan kommunikasie en die heersende omstandighede, wat die saad van wantroue tussen die verskillende rasse saai. Dit weer lei daartoe dat ’n onderdrukkende sisteem ingestel word wat in stand gehou word deur impulsiewe vrees, ontneem van alle rasionele denke en logika. So ’n sisteem stuur onafwendbaar op sosiale ongelykheid, onreg, geweld en onderdrukking af. Die onderdruktes word geleer om uit vrees vir vergelding hulle onderdrukkers te respekteer. Die onderdrukkers weer word geleer om die bestaande sisteem ten alle koste in stand te hou ten einde te voorkom dat hulle vrese, naamlik dat die onderdruktes in opstand kan kom, ’n werklikheid word. In die proses word ’n sisteem gebaseer op ’n siklus van vrees geskep.

By monde van Msimangu waarsku Paton teen die gevolge van hierdie siklus met hierdie bykans profetiese woorde: “My enigste hoop vir ons land sien ek in die wit man en swart man … wat beide slegs die beste belange van die land in gedagte het, wat byeenkom om daarvoor te werk … Die een groot vrees in my hart is dat wanneer hulle (wit mense) eendag wel begin liefhê, hulle sal vind dat ons alreeds begin het om te haat.”

Hiermee waarsku Msimangu dat mag swart Suid-Afrikaners net so maklik tot verdorwenheid kan verlei as wat dit met wit Suid-Afrikaners gedoen het. En dit is presies hierdie verdorwenheid wat Suid-Afrika in ’n dilemma van sy eie gevange hou. Paton wys hiermee op die hartseer ironie van ’n land waarin geregtigheid en rassegelykheid ontken word deur swak tydsberekening eerder as slegte bedoelings.

Dit is die tersaaklike gedagte waaraan vandag oorweging gegee behoort te word, veral binne die klimaat van rasseverdeling wat Suid-Afrikaners steeds, selfs na 26 jaar van demokrasie, in die gesig staar. Die emosiebelaaide debat rondom grondhervorming en -herverdeling word weer eens op die voorgrond gedryf deur die ANC-regering se pogings om artikel 25 (die sogenaamde eiendomsklousule) van die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig deur middel van ’n (tans nog) konsepwysigingswet. Die voorgestelde konsepwet, sou dit goedgekeur word deur die parlement, sal dit moontlik maak dat die Grondwet gewysig word ten einde die Staat in staat te stel om wettiglik vaste eiendom soos grond (en, teoreties, ook roerende eiendom) te onteien sonder vergoeding aan die bestaande eienaars. Boonop het die ANC onlangs aangekondig dat hulle die konsepwet verder wil wysig om die rol van die regbank in sake van grondhervorming te beperk en meer mag in dié verband aan die uitvoerende gesag toe te sê. Hierdie aankondiging word deur politieke kommentators gesien as ’n oorwinning vir die faksie binne die ANC wat sogenaamde radikale ekonomiese transformasie (RET) voorstaan.

Die herlewing van die onteiening-sonder-vergoeding-idee is al vir ’n lang ruk deel van die ANC se faksiegedrewe politiekery met die oog op die byeenkoms van sy Algemene Nasionale Raad gedurende Junie vanjaar, wanneer die regerende party sy vordering met die uitvoering van sy resolusies gedurende die eerste helfte van sy vyfjaar-regeringstermyn sal beoordeel. Verlede jaar het onteiening sonder vergoeding ’n sleutelrol gespeel tydens die nasionale verkiesing in Mei, en dit is steeds ’n belangrike verkiesingspropagandapunt vir die 2021-plaaslikeregeringsverkiesing. Derhalwe is dit duidelik dat die idee van “radikale transformasie” hoofsaaklik gedryf word deur die ANC se interne faksiepolitiekery, eerder as deur ’n eerlike behoefte aan die effektiewe herverdeling van grond. Gedagtig aan die emosionele waarde daaraan verbonde, word die grondkwessie deur politici gebruik om ’n wig tussen “dié wat het” en “dié wat nie het nie” in te dryf, met die aangeblaaste persepsie dat eersgenoemde hoofsaaklik uit wit Suid-Afrikaners, en laasgenoemde hoofsaaklik uit swart, bruin en Indiërlede van die Suid-Afrikaanse bevolking bestaan.

Eeue van massa-ontneming, korrupsie, rassespanning en politieke geweld oor rassegrense heen het die sisteem van onderdrukking ontwikkel tot verfynde wreedheid. Wit Suid-Afrikaners het inderdaad lank daaruit voordeel getrek, maar nou kom dit voor asof die ANC (of ten minste ’n sterk faksie daarbinne) daarop uit is om hierdie magsdinamika deur sogenaamde radikale ekonomiese transformasie om te keer. Hulle retoriek is dat hulle die grond aan die meerderheid van Suid-Afrikaners wil “terugbesorg” in ’n poging om die onregte van die verlede, waardeur Alan Paton ook moes leef, te herstel.

Skeptici het hul bedenkinge oor die regerende party se motiewe, en wys daarop dat hulle bloot aan hulle hoofsaaklik werklose, verarmde ondersteuningsbasis probeer vasklou met hierdie retoriek. Om verstaanbare redes het hierdie mense toenemend ontnugter geraak met die sogenaamde bevrydingsparty en al meer na die energieke en radikale populistiese retoriek van die EFF begin luister. In ’n poging om die fokus weg te skuif van hul eie korrupsie en onbeholpenheid, het die regerende party besluit om ook radikale-transformasie-beleide na te volg ten einde die mag te behou – waardeur hulle die sisteem tot hul voordeel sal bly beheer. Om dit te vermag is dit vir hulle noodsaaklik om die blaam weg van hul eie onvermoë na die tradisionele “onderdrukkers” te verskuif: die wit grondeienaars. Hulle is die ideale sondebokke, want die geskiedenis het hulle en hulle voorgeslagte alreeds uitgewys as dié wat voordeel getrek het uit die sisteem. Want die sisteem was tog uiteindelik om hulle gebou, om hulle te akkommodeer. Nou is die rolle omgeruil. Die onderdruktes het die onderdrukkers geword, hoewel ook nie volkome nie, want as dit volkome was, sou die huidige gronddebat onnodig gewees het. Inteendeel, daar het nou ’n nuwe klas van swart elite ontstaan wat die hoër range van die sisteem bereik het, terwyl die meerderheid swart Suid-Afrikaners steeds krepeer in skeiende armoede en ellende. Die enigste verskil vir hierdie ekonomies en maatskaplik onderdrukte mense is dat dié in beheer nou die blaam vir hierdie mense se lyding verskuif na ’n minderheidsgroep wat met die voormalige onderdrukkers geassosieer word. Die vrese van vele is nou besig om die belange van die maghebbers te voed. Paton (of ten minste Msimangu) se “een groot vrees” het nou ’n werklikheid geword.

Maar wit Suid-Afrikaners mag nie en kan nie nou hulle hande in die lug gooi en uitroep “Huil, die geliefde land” nie; veral nie wanneer wit mense net soveel verantwoordelik is vir hulle “slagofferskap” as swart Suid-Afrikaners vir hulle s’n is nie. Die sisteem van onderdrukking is aanvanklik ingestel om wit mense te bevoordeel, en dit is verstaanbaar, hoewel nie verskoonbaar nie, dat wit mense daartoe verbind sal wees om dit in stand te hou ten einde voort te gaan om daaruit voordeel te trek. Hierdie feit moet deur wit Suid-Afrikaners onder die oë gesien en gekonfronteer word, anders sal enige kritiek wat hulle teen die optrede van die ANC mag hê, tereg as huigelary beskou kan word.

Die hoog aangeskrewe Nobel-pryswenner-fisikus en -chemikus Marie Curie word soos volg aangehaal: “Niks in die lewe moet gevrees word nie, dit moet net verstaan word. Dit is nou die tyd dat daar meer verstaan moet word sodat ons minder kan vrees.” Ten einde die siklus van vrees te breek, moet Suid-Afrikaners mekaar se vrese verstaan. Om dit te vermag, moet Suid-Afrikaners na mekaar luister, die agtergrondgeraas veroorsaak deur politieke retoriek en populisme ignoreer, veral vir ’n oomblik eie vooroordele ignoreer, en net luister. Dit beteken natuurlik nie dat almal nou onvoorwaardelik met mekaar moet saamstem nie. Maar deur luister word ’n veilige omgewing geskep waarbinne mense mekaar leer verstaan. Deur begrip word die skanse van vrees afgebreek. Wanneer almal uitvind dat hul voorafgaande vrese vir mekaar ongegrond was, dan begin die waarskynlikheid sterk word dat hulle kan saamwerk in die rigting van ’n gedeelde en gesamentlike toekoms, daardie toekoms wat oudpresident Nelson Mandela voorsien het toe hy gesê het: “Ons verbind ons tot ’n gelofte dat ons ’n samelewing sal bou waarin alle Suid-Afrikaners daartoe in staat sal wees om met hulle koppe omhoog te loop, sonder vrees in hulle harte.”

Tydens hierdie huidige deurslaggewende stadium in die Suid-Afrikaanse geskiedenis moet Suid-Afrikaners nie vergeet waarom hulle oor hulle geliefde land huil nie. Maar hulle mag ook nooit vergeet waarom dit nou, in 2020,  tyd geword het om die erfenis van vrees finaal af te skud nie. Want die ongebore kind mag nie as erfgenaam daarmee opgesaal word nie.

  • Jako Bezuidenhout is ’n Afrikaanse Suid-Afrikaner wat daagliks gedwee, soms verleë, soms wroegend, maar hoofsaaklik met trots, sy geërfde historiese bagasie met hom saamdra. Hy het pas sy doktorale proefskrif in geskiedenis by Rhodes-universiteit ingedien. Hy was tot onlangs aan die Geskiedenisdepartement daar verbonde en is tans ’n vryskutnavorser.

Bronne

Mandela, NR. 1994. Inauguration Speech as President of SA, 10 May 1994. SANews (10 Mei 2018) by https://www.sanews.gov.za/south-africa/read-nelson-mandelas-inauguration-speech-president-sa.

Marie Curie: Facts About the Pioneering Chemist, 8 Februarie 2019, History.com by https://www.history.com/.amp/news/marie-curie-facts.

Merten, M. 2020. ANC’s executive proposal on expropriation without compensation obscures already vast ministerial powers. Daily Maverick (28 Januarie) by https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-01-28-ancs-executive-proposal-on-expropriation-without-compensation-obscures-already-vast-ministerial-powers/amp.

Paton, A. Cry, The Beloved Country (New York, 1948).

SparkNotes: Cry, the Beloved Country – Alan Paton. SparkNotes at: https://www.sparknotes.com/lit/cry.

Lees ook:

Liefde, politieke broederskap en die verbintenisse van verwerking: Alan Paton se Cry, the beloved country

The post Nou in die verlede: <i>Cry, the Beloved Country</i> en Alan Paton se vrese appeared first on LitNet.

Die allerlekkerste roomys

$
0
0

Kleintyd was ek nooit baie lief vir roomys nie, maar noudat ek ouer word, het dit deel geword van ’n ryke tapisserie van smake en teksture van onthou.

My pa kon so lekker roomys eet. Nie gereeld nie. Sondae na ete of op spesiale uitgaandae. Ek het nou die dag afgekom op ’n ou video wat opgeneem is tydens een van ons laaste familie-etes saam. Terwyl die aandag elders gefokus was, het my pa rustig met een van sy kleinseuns op die skoot gesit en saam het hulle die roomysbak blinkskoon geëet. Met elke happie het die grootmensmasker gesak en die klein seuntjie van Springbok het aan sy tiekie se roomys gesmul. Wanneer ek so na my pa gekyk het, het ek gewens ek kon dit ook so geniet. Maar ek kon nooit heeltemal daardie passie deel nie.

Miskien was dit omdat ek nie baie van melk gehou het, en nie nóg ’n variasie van die melksmaak in my mond gesoek het nie. My ma het my kleintyd gedwing om elke aand ’n glas melk te drink. Langtand. Totdat ek ’n bietjie verstand gekry het en besef het ek het ook ’n sê in die saak. Dis waar ons paaie geskei het – tot vandag toe nog drink ek net ’n katspoegie melk in my koffie en tee. Roomys en melkskommels het ek met so ’n bietjie agterdog bejeën, geglo dis maar net ’n ander manier om my daai gewraakte glas melk te laat inkry.

Maar met die jare en met die onthou, dink ek nou effens anders …

Met die groot trek uit Woodstock na my popspeel-plaashuisie (sonder die plaas) hier in Plumstead, woon ek nou skaars ’n paar blokke van die Three Arts-teater. Van die eertydse glorie is daar min te sien. Die groot naambord op die gebou is met wit verf bedek, maar as jy mooi kyk, kan jy nog hier en daar ’n krul van die swierige letters sien en die naam vaagweg uitmaak. ’n Groot bord met ’n eiendomsmakelaar se naam daarop spog met nuwe eienaarskap. Maar ek kry die gevoel die arme teater staan en wag soos ’n uitgediende ou tjorretjie op ’n skrootwerf om uitgedelg te word.

My pa het ons nog na die Three Arts gebring om Ivan Rebroff, die groot Rus met die wonderlike stem, te sien optree. Vandag weet ek die man wat my daardie aand so met sy stem betower het, is eintlik op ’n treinperron in Berlyn gebore en daar hang ’n groot vraagteken oor sy kamstige Russiese afkoms. Maar dit maak die onthou nie minder lekker nie.

En so met die uitpak van die honderde bokse in my nuwe blyplek hier digby die Three Arts, dink ek aan al die ander konsertreise waarop my pa ons kleintyd geneem het. Hy was baie lief vir musiek, het self as jong man trompet gespeel in die Vrystaatse jeugorkes en hy het ’n oor gehad wat tussen akkoorde kon hoor. Party aande, wanneer ons kinders almal in die bed is en die huis begin stil word, het my pa agter die klavier gaan sit en die dag se spanning weggespeel. Lekker ou bekende treffers … op die “syncopation” manier, want dis hoe hy leer klavier speel het.

Vir ’n spesiale bederf het hy my en my broer op ’n Sondagaand na die stadsorkes in die stadsaal geneem. (My sussie was toe nog te klein.) Hulle het destyds Sondagaande ’n uurlange program aangebied – ek dink dit was een keer ’n maand. Dit was lank terug en die onthou raak ’n bietjie vaag. Jy kon nie bespreek nie en moes in ’n lang tou wat soos ’n slang al om die gebou gekronkel het, gaan staan en wag om jou kaartjies te kry. Ons het baiekeer agter die orkes op die sitplekke agter die verhoog beland, maar dit was deel van die groot opwinding en betowering.

De Bakke

Agterna het my pa ons na die promenade in Seepunt geneem en daar het ek, nog aan die sweef van die musiek, saam met my pa en my broer draairoomys in die aandskemer langs die see geëet. Baie spesiaal en baie lekker. Ek vermoed my pa se liefde vir roomys het juis ook so by die see begin. Die dae toe hulle vakansietye van Springbok af Mosselbaai toe gery het om by De Bakke vakansie te hou.

My pa het altyd vertel hoe hulle, die Bothas, konvooi gery het saam met die Van Niekerks. (Die ou dokter Van Niekerk was ’n legende in sy tyd in Namakwaland se wêreld.) Saans het hulle ’n seiltjie tuseen die twee ou karre gespan en dan het almal sommer daar in die veld geslaap. Hy het met groot smaak vertel hoe die van Niekerks se dogter in die nag per ongeluk met kaalvoet in die skottel vars plaasbotter, wat moes saam see toe, getrap het.

See toe

Maar die opgewondenheid oor die see-toe-ganery het al daardie dinge na kleinighede laat lyk. Ons was al opgeskote tieners toe my pa nog elke Desember ons so kort duskant Albertina al stip voor ons in die pad laat kyk het om te sien wie eerste die see kan sien. Ek sal nooit vergeet nie – dis so ’n effense bultjie op ’n draai en dan skielik sien jy die blou van Mosselbaai met Robeiland so half onvanpas in die middel van die groot uitgestrekte waters.

My pa het lank op komitee na komitee baklei om die ou De Bakke met sy opslaanstrandhuisies te behou. Vandag is dit ’n siellose plek met net die strand en die see wat jou nog so effens wil-wil laat onthou. Hy het ook jare lank, tot kort voor sy dood, aangedring dat ons oor Desember saam met die Van Niekerks gaan piekniek hou. Alles vir die onthou van daardie konvooirit van Springbok na die see – al het nie een van ons of die Van Niekerk-kinders iets gemeen gehad nie.

En nou, met die uitpak van al die ou herinneringe ’n klipgooi weg van die ou Three Arts, maak ek hierdie roomys vir die onthou, die naaste smaak aan die ou draairoomyse wat jy daar by die ou Pavillion in Seepunt gekry het. Romerig en lekker . . .

Karen se allerlekkerste roomys

(Jy het nie ’n roomysmaker nodig nie.)

1 liter room
1 blikkie kondensmelk
1 teelepel vanielje-ekstrak
3 eierwitte

Klits die room styf. Voeg die kondensmelk en vanielje by terwyl jy aanhoudend klits. Klits die eierwitte styf in ’n kleiner bakkie en vou by die roommengsel in. Skep die mengsel in ’n plastiekbak met ’n deksel en plaas oornag in die vrieskas. So maklik soos dit. Onthou net om die roomys so twintig minute voordat jy wil opskep, uit die vrieskas te haal. Dit maak die inskep net soveel makliker.

 

Lees ook

Mango met hoogsomer in die lyf

The post Die allerlekkerste roomys appeared first on LitNet.

LitNet Akademies Weerdink: Trump, Palestina en Israel

$
0
0

Trump het verlede Dinsdag sy sogenaamde vredesplan vir Palestina en Israel uiteengesit. Aan die een kant het hy belowe dat ’n Palestynse hoofstad in Oos-Jerusalem gevestig gaan word, maar aan die ander kant gaan Amerika nedersettings deur Israel op die Wesoewer erken. Menán van Heerden gesels met Sakkie Spangenberg oor hierdie nuwe verwikkeling.

Jerusalem

Sakkie, in jou en Christi van der Westhuizen se artikel “Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina” (2018) sê julle: 

Donald Trump het in November 2017 te kenne gegee dat die VSA van voorneme is om sy ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te verskuif om sodoende uitvoering aan ’n vroeëre VSA-besluit te gee wat Jerusalem as hoofstad van Israel erken. Die meerderheid VN-lidlande het die besluit van Trump veroordeel, omdat dit die Palestynse aansprake op Oos-Jerusalem ignoreer. 

Wat is jou opinie oor Trump se 2020 sogenaamde vredesplan (wat belowe om ’n Palestynse hoofstad in Oos-Jerusalem te vestig)? 

Enigeen wat bekend is met die ontstaansgeskiedenis van die staat Israel in 1948 en bewus is van hoe die Sionistiese Jode te werk gegaan het om die Arabiessprekende Palestyne te verdryf ten einde ’n “gesuiwerde” grondgebied in Palestina daar te stel, kan nie anders as om verstom te staan by die lees van die Trump-adminstrasie se vredesplan nie. Hierdie vredesplan is geen vredesplan nie, maar ’n plan wat daarop ingestel is om die opeenvolgende Israeli-regerings se onregmatige inpalming en besetting van Palestynse grondgebied te legitimeer.

Die vredesplan is tot mislukking gedoem omdat daar nie met die Palestyne onderhandel is nie. Ons het hier weer te doen met die arrogansie van die Trump-administrasie wat meen dat hulle aan niks en niemand ter wêreld verantwoording verskuldig is nie. Dit strook duidelik met Trump se vroeëre besluit om die VSA-ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te verskuif. Net soos in laasgenoemde geval het die bekendmaking van die vredesplan natuurlik politieke oogmerke.

........

“Hierdie vredesplan is geen vredesplan nie.”

........

Sowel Benjamin Netanyahu as Donald Trump staan in hul onderskeie lande aangekla. Netanyahu word beskuldig van korrupsie, terwyl Trump beskuldig word van politieke magsmisbruik. Die burgers van die VSA gaan einde 2020 stembus toe om ’n nuwe president te kies. Heelwat politieke kommentators wys daarop dat Trump die uitreik van sy vredesplan gebruik om die aandag af te lei van die staat van beskuldiging wat tans in die VSA-senaat debatteer word. Voorts hoop hy om die konserwatiewe Christene te kry om vir hom in die komende verkiesing te stem. Netanyahu hoop op sy beurt weer daarop dat die konserwatiewe Jode hom genadig sal wees en dat die beskuldigings van korrupsie nie sy politieke loopbaan sal beëindig nie.

Die Palestyne kan met reg praat van “’n kwarteeu van onreg”, want sedert 1947 het Westerse magte oor hulle grondgebied en hulle lewens besluite geneem waarby hulle nooit inspraak gehad het nie. Daar is altyd agterna gesprekke gevoer en pogings aangewend om die Palestyne te oortuig dat dit vir hulle beswil is om die besluite wat oor hulle geneem is, te aanvaar. Dis ook weer met Trump se vredesplan die geval. Die Trump-administrasie hou hul vredesplan voor as om beswil van die Palestyne, terwyl die Palestyne weet dat dit nie vir hulle beswil is nie, want hulle sal groot dele van hulle grondgebied wegteken, sou hulle die plan aanvaar. Só ’n handeling sal die deur open vir verdere kolonialisering en onteiening deur die Israeli-regerings. Nóg Israel, nóg die VSA is te vertrou wanneer dit by onderhandelinge en vredesplanne kom.

Wat is die kruks van die konflik tussen Israel en Palestina?

Ek verkies om liewer nie van “kruks” te praat nie, want dit kan die indruk wek dat daar net één rede vir die konflik is. Veral konserwatiewe Christene meen dat die Palestyne se “hardkoppigheid” die rede vir die konflik is. As die Palestyne net meer toegeeflik wil wees, sal alle probleme soos mis voor die son verdwyn. As hulle maar net vrede wil maak met die verloop van die geskiedenis soos dit sedert 1948 ontvou het, sal die konflik bedaar en dalk opgelos word. Weinig konserwatiewe Christene is bewus van hoe die Sionistiese Jode tydens die sogenaamde Bevrydingsoorlog van 1947–1948 te werk gegaan het om die Palestyne te verdryf. Dit is waarom die Palestyne na hierdie gebeure as die Nakbah (die verwoesting) verwys. Na dié oorlog was die Sionistiese Jode in besit van 78% van die oorspronklike Britse mandaatgebied. (Vergelyk dit met die syfers in die volgende paragraaf.) Dit is onder andere te danke aan die Joodse historikus Ilan Pappe dat ons hiervan weet. Vergelyk sy boek A history of modern Palestine (2006).

Toe die VN se verdelingsplan in 1947 geformuleer is, het die Jode slegs 7% van die gebied besit en het hulle maar ’n derde van die totale bevolking uitgemaak. (Daar was 1 269 000 Arabiessprekende Palestyne en 678 000 Jode in die gebied.) Ten spyte hiervan het die VN voorgestel dat die gebied só verdeel word dat die Jode 55% van die gebied kry en die Palestyne die orige 45%.

........

“Toe die Sioniste met hul besettingsoorlog in 1947 begin het, het die Westerse lande nie beswaar aangeteken nie, en toe die staat Israel op 14 Mei 1948 uitgeroep is, het byna alle Westerse leiers oor hulle voete geval om die staat te erken – selfs Suid-Afrika by monde van Jan Smuts. (Een van die strate in Jerusalem is dan ook na hom vernoem: Yehohanan Smutsstraat!)”

........

Daar is wel twee sake wat vir my uitstaan wanneer ’n mens oor die geskiedenis lees van die totstandkoming van die staat Israel en die pyn en lyding wat die Palestyne sedertdien moes verduur: (1) die onregverdige besettings en oorname van die Palestynse grondgebied, en (2) die onbillike behandeling van die Palestyne omdat hulle as ’n trappie laer as Westerlinge beskou word.

Wat die eerste punt betref, kan ’n mens daarop wys dat daar nog nooit in eerlikheid en met regverdigheid en billikheid met die Palestyne onderhandel is nie. Nóg die VN-verdelingsplan van 1947, nóg die wyse waarop Brittanje gehandel het voor sy onttrekking aan Palestina getuig van eerlikheid, regverdigheid en billikheid. Die VN-plan vir die Britse mandaatgebied het die gebied onregverdig tussen die Jode en die Palestynse Arabiere verdeel.

Toe die Sioniste met hul besettingsoorlog in 1947 begin het, het die Westerse lande nie beswaar aangeteken nie, en toe die staat Israel op 14 Mei 1948 uitgeroep is, het byna alle Westerse leiers oor hulle voete geval om die staat te erken – selfs Suid-Afrika by monde van Jan Smuts. (Een van die strate in Jerusalem is dan ook na hom vernoem: Yehohanan Smutsstraat!) Weinig Westerse leiers of regerings het beswaar aangeteken oor hoe die Sionistiese Jode te werk gegaan het om die Arabiessprekende Palestyne uit hulle dorpies en nedersettings te verdryf ten einde ’n “gesuiwerde” Joodse staat daar te stel. Ongeveer 80% van die Palestynse dorpies en nedersettings wat geleë was in die gebied wat die Sionistiese Jode as hul regmatige deel van Palestina beskou het, is óf totaal vernietig, óf deur Joodse setlaars beset nadat die inwoners eenvoudig verjaag is. Dis hierdie vlugtelinge, asook diegene wat ná die 1967-oorlog gevlug het, aan wie beloftes van finansiële vergoeding in die Trump-vredesplan gemaak word. Maar die nuwe vredesplan formuleer geen reëls oor wie vergoed sal word en wat die bedrae sal wees nie.

Godsdiens speel natuurlik ook ’n groot rol in die konflik. Konserwatiewe Christene in die VSA en elders ondersteun die staat Israel omdat hulle die beloftes aan Abraham waarvan ons in die Ou Testament lees, letterlik opneem en die Israeli-Jode se aansprake op die gebied vanuit die Bybel regverdig. Maar hulle vergeet dat die belofte van ’n land en ’n groot nageslag wat aan Abraham gemaak is, betrekking het op sowel Ismael as Isak. Moslems beskou hulle as die nageslag van Ismael en het daarom net so ’n regverdige aanspraak op die land as diegene wat Isak as hul voorvader reken. Indien ’n mens vanuit die Bybel wil redeneer, moet álle tekste in aanmerking geneem word. Vergelyk gerus die opmerkings wat ek hieroor in die artikel “Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina” gemaak het.

Is die besetting deur Israel kolonialisties of is daar eerder meer ooreenkomste met apartheid?

Dis nie ’n kwessie van óf die een (kolonisering) óf die ander (apartheid) nie, maar ‘n geval van én ... én. Die besetting deur Israel het te doen met kolonisering én apartheid – presies soos dit in die geval van Suid-Afrika was. Dit was koloniale magte wat Suid-Afrika kom beset het en wie se handelinge uiteindelik op die apartheidsbeleid uitgeloop het. Afrikaanssprekendes het nie apartheid uitgevind en dit in 1948 geïmplementeer nie. Hulle het Westerlinge se idees van rasmeerderwaardigheid van onder andere die Britte geërf en dit verder uitgebou. Lánk voor die NP-regering in 1948 aan bewind gekom het, het “lokasies” buite Suid-Afrikaanse dorpe en stede bestaan en is die inheemse mense van Suid-Afrika as van ’n laer stand en ras beskou as Westerlinge. Sir Frederick Moore, die eertydse minister van “Native Affairs” en latere eerste minister van Natal het, volgens Edgar Brookes in sy boek Native education in South Africa (1930), gesê: “[T]he black man is incapable of civilization.”

Apartheid was net so springlewendig in die VSA in die vorige eeue. Dis te verstane, want van die VSA-state was vroeër Britse kolonies. Die rasmeerderwaardigheid in die VSA het ’n Britse wortel net soos wat die rasmeerderwaardigheid van die Suid-Afrikaanse wit bevolking ’n Britse wortel het. Hierdie rasmeerderwaardigheid het die Sionistiese Jode ook oorgeneem en dit hulle eie gemaak. Dit is deels wat ten grondslag lê aan hulle beskouings van en beleid teenoor die Palestyne.

........

“Neem ’n mens in ag dat Westerlinge vroeër neergesien het op mense van Joodse afkoms, is die ommeswaai na die totstandkoming van die staat Israel nogal verbasend.”

........

Die Sionistiese Jode het heelwat van die Britse Ryk geleer en dit in Palestina toegepas. Hulle het geweet dat hulle so gou moontlik met die steun van Westerse lande ’n “kolonie” in Palestina moes vestig en hulleself as die “meerderes” van die bestaande inwoners moet voorhou – en dít terwyl Jode vroeër in Westerse lande as laerklasburgers beskou is. Christi van der Westhuizen bespreek dié kwessie besonder goed in ons artikel “Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina”.

Waar pas witheid in hierdie prentjie?

Studies wat “witheid” as vertrekpunt neem, wys daarop dat Westerlinge gewoonlik onbewus is van die wyse waarop hulle afkoms, hulle opvoeding en hulle posisie binne ’n samelewing hulle bevoordeel het en steeds bevoordeel in vergelyking met mense met ’n ander velkleur en kulturele afkoms. Hierdie studies het ’n wyer blik as studies wat net op rassisme fokus. Rassevooroordeel is maar één aspek wat met witheid verband hou, maar om die konflik tussen die Israeli-Jode en die Palestyne te verstaan, is dit belangrik om vir ’n oomblik net op rassisme te konsentreer.

Neem ’n mens in ag dat Westerlinge vroeër neergesien het op mense van Joodse afkoms, is die ommeswaai na die totstandkoming van die staat Israel nogal verbasend. Een van die redes vir die verdrukking en vervolging van Jode in Europa hang met die vroeëre rassevooroordeel saam. Hierdie vooroordeel word dikwels as antisemitisme beskryf. Die Jode kon net nooit daarin slaag om hulle as gelykwaardige burgers in Europese lande te vestig nie. Daar was tye dat hulle redelik goed geïntegreer was, maar dit het nie lank geduur voordat die vooroordeel kop uitgesteek het nie. Hierdie vooroordeel het natuurlik ook ’n godsdienstige wortel gehad. Jode is dikwels as “godmoordenaars” bestempel.

Met die totstandkoming van die staat Israel het daar ’n kentering by Westerlinge ingetree. Westerse Christene het begin glo dat die totstandkoming van die staat Israel met eindtydgebeure verband hou. Die vyeboom is aan die bot (Matt 24:32–33)! Westerse state se spoedige erkenning van die staat hang deels hiermee saam en ook deels met hulle gekwelde gewetes dat hulle die Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog in die steek gelaat het. Noudat Israel ’n “Westerse staat” geword het, het die Israeli-Jode Westerse identiteit aanvaar en daarmee saam natuurlik rasmeerderwaardigheid wat op daardie stadium so eiendomlik aan Westerlinge was. Die wyse waarop die Palestyne deur die Israeli-regerings behandel word, asook die Israeli-weermag se optrede teenoor die Palestyne, hou verband met hierdie rasmeerderwaardigheid.

Vóór 1947 het Jode en Arabiessprekende Palestyne goed met mekaar oor die weg gekom. Jode en Palestyne is beide van Semitiese oorsprong, maar die besettingsoorlog van 1947–1948 het ’n wig tussen die twee groepe ingedryf. Die feit dat Westerse lande Israel spoedig as staat erken het, terwyl die Arabiese lande die bestaan van die staat Israel ontken het, het die verhouding tussen die groepe verder laat versleg.

........

“Ek vermoed dat daar nie ’n radikale verandering in my leeftyd sal kom nie.”

........

Ek is nie bewus van studies oor witheid wat fokus op die verhouding tussen die Israeli-Jode en die Palestyne nie, maar moet erken dis nie my primêre studieveld nie. Ek fokus meer op hoe godsdienstige oortuigings rasmeerderwaardigheid voed en het onlangs ’n artikel hieroor gepubliseer: “Religious roots of racism in the the Western world: A brief historical overview”, HTS 75(1), https://doi.org/10.4102/hts.v75i1.5187.

Op 27 Januarie 2020 was dit 75 jaar nadat die reuse-konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau deur troepe van die Rooi Leër bevry is. Kan dit as ironies beskou word dat Jode in Israel al vir dekades ’n hele bevolking onderdruk? Gaan ons oor 75 jaar terugkyk en wonder waarom Palestina nie gehelp was nie, waarom niemand enigiets doen nie? 

Dit is inderdaad ’n stuk ironie dat die Jode, wat soveel in die Tweede Wêreldoorlog gely het, tans die Palestyne aan soveel lyding onderwerp. Maar daar is Jode wat die onreg raaksien en hulle stemme begin dik maak. Een hiervan is Ilan Pappe na wie ek vroeër verwys het. As die interne kritiek en druk toeneem, kan daar ’n verandering kom, maar ek is bevrees dat die konserwatiewe Christene hulle meer skaar by die verdrukkers as by die onderdruktes — en dít terwyl daar heelwat Palestynse Christene is. Dit is vir my ’n ewe groot ironie dat Christene hulle nie by mede-Christene skaar en teen onreg agiteer nie, maar by diegene skaar wat vir die onreg verantwoordelik is.

Ek vermoed dat daar nie ’n radikale verandering in my leeftyd sal kom nie, maar kom ons bly hoop dat mense se oë sal oopgaan vir die pyn en lyding waaraan die Palestyne onderwerp word.

Lees ook

Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd

Israel: ondubbelsinnig ondemokraties

The post <i>LitNet Akademies</i> Weerdink: Trump, Palestina en Israel appeared first on LitNet.

Cantona James van In Slavenhuis 39 benoem as beste opkomende kunstenaar by Fiëstas

$
0
0

Cantona James (Foto: verskaf)

Die bekroonde toneelstuk In Slavenhuis 39, wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat ’n woonstel in Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het, is weer vanjaar by die Woordfees te sien.

In Slavenhuis 39 het verlede jaar by die Toyota US Woordfees in Stellenbosch gedebuteer, waar dit die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.

Herschelle Benjamin het die teks geskryf en Philip Rademeyer behartig die regie. Die opkomende akteurs in die produksie is Stephren Saayman, Eldon van der Merwe, Stefan Erasmus en Cantona James.

In Slavenhuis 39 is onlangs benoem vir beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings.

Cantona is benoem vir die Fiësta-toekenning vir beste opkomende kunstenaar en is boonop deesdae ook te sien in die televisiereeks Arendsvlei.

Hy vertel meer oor sy ontluikende loopbaan.

’n Toneel uit In Slavenhuis 39 (Foto: Vulture Photography)

In Slavenhuis 39 het verlede jaar by die Woordfees debuteer en sedertdien oral opgang gemaak. Vanjaar kan die stuk weer by die Woordfees gesien word. Het julle ooit gedink die stuk gaan so suksesvol wees?

When Herschelle explained the play to me and the cast in 2017 I saw so much potential in it. When it was announced that it will perform at Woordfees in 2019 I instantly knew it would be taken to other heights, having Philip’s great mind and heart on the project. So to answer the question: Yes, I always had great belief in the production and team.

Vertel asseblief meer oor die karakter wat jy in die toneelstuk vertolk.

Nathan, is an actuarial science student at Stellenbosch university. He is a product of gang and rape violence; fathered by the most notorious gangster on the Cape Flats. He was raised by his adoptive parents to be a fine young man; however, his true bloodline runs strong and he battles with his true identity as well as his identity as a coloured boy at the university of Stellenbosch.

’n Toneel uit In Slavenhuis 39 (Foto: Vulture Photography)

Julle klomp wat saam werk aan In Slavenhuis 39 kom nou al ’n lang pad saam. Wat is van die hoogtepunte van die proses om die stuk op die verhoog te bring?

The highlight of being in this production I would say was every rehearsal. To see different artists come together and create with only our bodies and minds. The fact that we had to create a story with physical theatre that fills the gaps in communication in the play has been the highlight of this journey for me.

Jy is ook tans te sien in die televisiereeks Arendsvlei. Vertel asseblief meer hiroor. Watter karakter vertolk jy?

I portray the character Daniel Lefras, a homeless boy that struggles day to day to keep his living arrangements a secret as well as survive the cruel streets. He is paired with another homeless woman played by Quanita Adams. The two create a mother and son bond that keeps them warm in the cold pipe where they lay their heads at night.

’n Toneel uit In Slavenhuis 39 (Foto: Vulture Photography)

Hoe sal jy sê verskil toneelspel vir die verhoog van toneelspel vir die televisie?

Theatre has always been my first love, for the simple fact of the connection one builds with the audience members. However, being a method actor I find television to be a great learning opportunity to grow my skills as an actor. My main aim in television is to create the same feeling as I would in theatre.

Wat sou jy sê is sommige van die uitdagings van akteur wees in vandag se tyd wat jy in die gesig staar?

The fact that you always have to worry about whether the next project will come in time before the rent is due. Chasing this dream one needs to be willing to make so many sacrifices in order to grow and glow in your craft.

’n Toneel uit In Slavenhuis 39 (Foto: Vulture Photography)

Cantona, jy is onlangs vir ’n Fiësta-toekenning benoem vir beste opkomende kunstenaar. Wat beteken die benoeming vir jou?

This is everything I’d hoped for. Growing up I was taught to be the best at what I do. However, the older I got the more I realised I just needed to be my best self. This nomination has the same effect as a win would have. Just to be recognised as one of the upcoming artists worthy of a nomination among so many others gives more energy to keep chasing the dream.

Die geselskap van In Slavenhuis 39 (Foto: verskaf)

Wat hou die toekoms vir jou in?

The future holds what God and casting agents deem it to be. However, my end goal is to reach the Hollywood screens – a goal that doesn’t scare you isn’t a goal worth having. For now I will be giving my all on Arendsvlei, and hope to only grow as an actor in the show.

  • In Slavenhuis 39 is 6, 8 en 12 Maart by die Toyota US Woordfees te sien. Kaartjies is teen R80–R140 beskikbaar by Computicket en kos R130 by die deur.

Lees ook

Bekroonde toneelstuk In Slavenhuis 39 nou by die Kunstekaap te sien

The post Cantona James van <i>In Slavenhuis 39</i> benoem as beste opkomende kunstenaar by Fiëstas appeared first on LitNet.

Afrikaanse skrywers kraai koning in Engelse niefiksie

$
0
0

Septerswaaiers in die mark

In die boekebedryf sorg die niefiksiemark wêreldwyd vir die grootste boekverkope. In Suid-Afrika is dié verskynsel geen uitsondering nie. Dit is veral boeke wat politieke exposés bied wat bo-aan die topverkoperlyste boer. Jacques Pauw se The President’s Keepers is een van die toppresteerders in die niefiksiegenre, met verkope van meer as 200 000 eksemplare sedert publikasie in 2017.

Engels is natuurlik die medium waarin Suid-Afrikaanse niefiksieskrywers die wydste moontlike mark bereik. Dit bied toegang oor taal- en kultuurgrense heen, en wanneer ’n boek kwessies van nasionale belang aanraak en byvoorbeeld korrupte politici tot orde roep, is Engels die aangewese medium om maksimum impak te verseker.

Op plaaslike niefiksiefront staan Afrikaanssprekende skrywers nie ’n tree terug vir ander skrywers nie. Kort-kort tref hulle die mark met ’n opspraakwekkende boek wat internasionaal opslae maak. Pieter-Louis Myburgh se Gangster State, wat die vergrype van Ace Magashule aan die wêreld openbaar, is ongetwyfeld 2019 se niefiksie-boekgebeurtenis van die jaar. Pieter du Toit se The Stellenbosch Mafia boer steeds op topverkoperlyste, en bied ’n kykie agter die skerms van Afrikaner-geldmag. Blessed by BOSASA: Inside Gavin Watson’s State Capture Cult deur Adriaan Basson het eweneens uitstekend by die boeke-loket gevaar. Om nie te praat van James-Brent Styan se Steinhoff en die Stellenbosse boys wat ook in Engels as Steinhoff: Inside SA’s Biggest Corporate Crash die lig gesien het nie.

Anneliese Burgess se Heist! het in 2019 die kortlys van die Sunday Times Alan Paton-toekenning gehaal. (Foto's: verskaf)

Anneliese Burgess se Heist! South Africa’s Cash-in-Transit Epidemic Uncovered, wat in 2018 verskyn het, het verlede jaar ’n welverdiende plek op die Sunday Times Alan Paton-prys se kortlys behaal. Die boek werp lig op die binnewerking van die transitorooftog-epidemie wat Suid-Afrika deurentyd teister, en het topverkoperstatus bereik.

Afrikaanse skrywers wat op dié gebied in Engels presteer, is nie ’n nuutjie nie. Veterane soos Max du Preez publiseer reeds vir jare lank boeke in Engels, waarvan heelparty vertalings uit Afrikaans is. Vir Du Preez se uitgewer is ’n Engelse titel onder sy naam goud werd, want dit verkoop in die tienduisende.

Afrikaanse agtergrond

Bogenoemde skrywers kom almal uit ’n sterk Afrikaanse agtergrond, en was op een of ander stadium aan ’n dubbelmediumskool verbonde. Almal het aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer. Gewoonlik word die opspraakwekkendste niefiksieboeke deur ondersoekende joernaliste gelewer, omdat hulle toegang tot gespesialiseerde bronne het en in hul daaglikse sleur eksplosiewe onderwerpe hanteer. Twee van die skrywers, Adriaan Basson en Anneliese Burgess, het interessant genoeg geen formele joernalistieke opleiding ondergaan nie – albei het Sosiologie as hoofvak by Maties gehad.

Max du Preez se Engelse titels verkoop soos soetkoek. (Foto's: verskaf)

Max du Preez het, soos Antjie Krog en Mosiuoa Lekota, op Kroonstad grootgeword. Ná skool is hy Stellenbosch toe om regte en politieke wetenskap te studeer. Sy joernalistieke loopbaan het in 1974 in Kaapstad by Die Burger begin, en later was hy lid van Beeld se beginredaksie in Johannesburg.

Met die aankoms van die VN-vredesmag het hy vanuit die Namibiese kantoor in Windhoek gewerk. “Maar die koerante het nie van my politieke aanslag in my beriggewing gehou nie,” vertel hy. “En ek nie van hulle ondersteuning van die Nasionale Party en apartheid nie, toe bedank ek in 1983 en gaan werk eers by Financial Mail en toe by Sunday Times en Business Day, voor ek in 1988 terug is na die Afrikaanse joernalistiek toe ek Vrye Weekblad geloods het.”

Anneliese Burgess en James Brent-Styan het hul kinderjare in die Oos-Kaap deurgebring, en uit die staanspoor was hulle blootgestel aan ’n meertalige omgewing. Burgess vertel: “Ek het grootgeword in ’n huis waar ons Engels en Duits gepraat het, maar my ouma was Afrikaans. En in die Oos-Kaap praat baie mense in elk geval so ’n Afri-Engels as hulle Engels praat.” Ná skool is Brent-Styan Matieland toe, waar hy ’n honneurs in joernalistiek verwerf het.

Oor skryf in Engels

Max du Preez se Engelse boeke verkoop uitstekend, terwyl die Afrikaanse titels volgens hom minder goed vaar: “My pogings in Afrikaans, soos Oor Krygers, konkelaars en korrelkoppe en Dwars het nie baie goed in die mark gevaar nie, maar al my Engelse boeke het besonder goed verkoop.”

Hy skryf ewe maklik in Engels as in Afrikaans. “Ek is boonop nie veel van ’n professionele Afrikaner nie,” sê hy, “sommer net ’n gewone een.” Du Preez se visie as skrywer strek inderdaad wyer en verder. “Ek sien my primêre identiteit as dié van ’n Suid-Afrikaner, en die hele bevolking as my potensiële gehoor, eerder as net Afrikaanssprekendes. Mense wat in boeke soos my A Rumour of Spring belangstel, sal dit in Engels lees, al is hulle eerste taal Afrikaans of Sesotho.”

Adriaan Basson, skrywer van Blessed by Bosasa. (Foto's: verskaf)

In sy sestien jaar as joernalis het Adriaan Basson vir die eerste ses jaar in Afrikaans gewerk, en die dekade sedertdien in Engels. “Die meeste van my ondersoekende joernalistiek het ek in Engels ‘gepleeg’ by Mail & Guardian en City Press.” Vir Basson was dit net soveel makliker om in Engels oor die doen en late van maghebbers te skryf. Hy verduidelik: “Hofstukke is in Engels. Die bronne praat Engels. En natuurlik kan die meeste Suid-Afrikaners Engels verstaan.”

Dit was dus voor die hand liggend dat Engels die taal is waarin hy as ondersoekende joernalis die grootste impak kon hê. “Die feit dat ek in Engels geskryf het, het my gevestig as politieke kommentator op Engelse mediaplatforms en dit vir my moontlik gemaak om met die meerderheid Suid-Afrikaners in gesprek te tree,” verduidelik hy.

Maar toe hy die oorgang vanuit ’n Afrikaanse omgewing na Engels maak, was dit nie sonder senuwees wat knaag nie. Nadat Basson in 2007 die Taco Kuiper-toekenning vir ondersoekende joernalistiek gewen het toe hy by Beeld was, het Ferial Haffajee hom genader om by Mail & Guardian aan te sluit. “Ek het die naweek voor my eerste dag daar ’n Oxford-woordeboek gaan koop en my naels gekou. Na twee weke in die tuig het die Engels makliker gevloei.” Die subredakteurs by die koerant het hom later vertel dat die Afrikaanse joernaliste daar baie beter en verstaanbare Engels skryf as die Engelssprekende joernaliste.

Pieter-Louis Myburgh, wie se The Republic of Gupta en Gangster State Suid-Afrika soos ’n storm getref het. (Foto's: verskaf)

“Engels bly maar die mees effektiewe lingua franca in Suid-Afrika,” sê Pieter-Louis Myburgh. Hy is vas oortuig dat The Republic of Gupta en Gangster State nie naastenby dieselfde impak sou hê of soveel omstredenheid sou veroorsaak het indien dit slegs in Afrikaans uitgereik was nie.

Myburgh se Gangster State het wêreldwyd aandag getrek nadat die eerste boekbekendstelling deur Magashule-ondersteuners in Johannesburg ontwrig is. Oor die ontwrigtingsaksie en dreigemente wat hy sedert die boek se verskyning ontvang het, het hy gemengde gevoelens: “Op die aand van die ontwrigting was ek deeglik ontsteld. Ek het gevoel die gehoorlede wat opgedaag het om na ’n gesprek oor ’n nuwe boek te luister, is van daardie geleentheid ontneem deur ’n betreklik klein groep mense wat kennelik nie ’n duit omgee oor iets soos vryheid van spraak nie. Maar die ontwrigting het darem ook ’n positiewe gevolg gehad in die vorm van die bykomende publisiteit, wat gevolglik meer aandag gefokus het op die eintlike kwessies wat die boek uitlig.”

Ondersteuners van Ace Magashule het in 2019 die bekendstelling van Gangster State in Sandton ontwrig. (Foto: Penguin Random House)

Vir Max du Preez kan ’n mens niks vertel oor dreigemente en kritiek nie. Sedert sy Vrye Weekblad-dae moes hy verguising en ad hominem-aanvalle trotseer – die prys wat skrywers dikwels moet betaal. Maar juis omdat hy as skrywer in Engels gevestig geraak het, het die basis van daardie kritiese reaksie op sy werk uitgebrei. Dink hy dit sou anders gewees het as hy slegs in Afrikaans bly publiseer het? “Beslis. Ek was van 2000 af vir agtien jaar ’n politieke rubriekskrywer, eers vir die Independent-groep, toe vir City Press en toe News24. Dit gee ’n mens ’n nasionale profiel, ’n stem in alle gemeenskappe.”

Sedert April verlede jaar is Du Preez – saam met Anneliese Burgess – betrokke by vryeweekblad.com, ’n aanlyn-herlewing van die legendaries koerant wat sy deure moes sluit kort nadat demokrasie gevestig is. “Nou skryf ek weer net in Afrikaans,” sê hy. “Ek geniet dit erg, maar ek is deurentyd daarvan bewus dat ek net vir Afrikaanssprekendes skryf en niemand anders eens kennis neem nie.”

Stoei die tale in die skrywers se koppe?

Wat gebeur in hierdie skrywers se koppe wanneer hulle aan ’n boek werk? Dink hulle van meet af aan in Engels, of is daar ’n stoeigeveg tussen tale tydens die skryfproses?

Anneliese Burgess ervaar ’n wisselwerking van drie tale in haar kop: “Soms as ek in Engels skryf sal ’n Duitse of Afrikaanse woord vir iets opkom, en dan sal ek eers vinnig moet dink wat die regte woord in Engels is. Maar omdat ek so lank nou al hoofsaaklik in Engels werk, skryf ek vinnig en maklik.”

Noudat sy weer in Afrikaans vir Vrye Weekblad skryf, het ’n interessante proses plaasgevind. “Ek het aanvanklik gesukkel om my kop terug te kry in Afrikaans – tot so ’n mate dat ek die eerste paar stories vir Vrye Weekblad eers in Engels geskryf en toe vertaal het. Alhoewel ek elke dag Afrikaans gepraat het, en dit beslis my hartstaal is, het ek gesukkel om terug te skakel na geskrewe uitdrukkings in Afrikaans; ek moes elke tweede woord gaan opsoek.”

Vir Max du Preez manifesteer die mengelmoes tussen tale in sy kop op die sleutelbord. “Soms sien ek ek tik a as ek ’n bedoel, soms andersom. Soms kry ek net die regte woord in Engels en moet dan ’n Afrikaanse een daarvoor soek, soms andersom.” Maar Afrikaans vloei die sterkste in sy bloed: “My vrou hou vol my Afrikaans het meer ‘hart’ as my Engels, maar ek sê dan vir haar dit is omdat Afrikaans meer van ’n hartstaal is.”

Byvoordele in die Engelse mark

Anneliese Burgess brei uit oor haar ervaring in die Engelse mark: “Heist! was vir my ’n baie interessante ervaring. Dit was die regte boek op die regte tyd en die feit dat dit in Engels was, het dit uiteraard ’n baie wyer gehoor gegee as wat ’n boek oor dié onderwerp in Afrikaans sou.”

Sy wys daarop dat ’n boek in Engels potensieel groter blootstelling in die media het, juis omdat dit toeganklik is vir ’n breër basis joernaliste. “As dit in Afrikaans was, sou ons gelukkig gewees het met ’n bietjie aandag in die Afrikaanse media. Die filmregte vir Heist! is ook onlangs verkoop, en ek twyfel sterk of dit sou gebeur het met ’n Afrikaanse boek wat oor transitorooftogte handel. Die boek sou waarskynlik nie op die radar van die filmmakers gekom het nie.”

Pieter-Louis Myburgh deel dié sentiment. ’n Kaapse produksiemaatskappy het onlangs die filmregte vir sy eerste boek, The Republic of Gupta, gekoop. “Daar moet nog baie water in die see loop, maar die kans bestaan nou minstens dat die boek in ’n rolprent of ’n reeks omskep kan word. Ek glo nie dit sou gebeur het indien die boek slegs in Afrikaans beskikbaar was nie.” Ook ander deure het vir Myburgh oopgegaan. “Geleenthede het oor my pad gekom, waaronder om as gasspreker by korporatiewe geleenthede op te tree, wat waarskynlik nie sou realiseer indien ek slegs in Afrikaans gewerk het nie.”

James Brent-Styan, wie se Steinhoff-boeke in Afrikaans en Engels verskyn het. (Foto's: verskaf)

Die filmregte van James Brent-Styan se boek oor die hartchirurg Chris Barnard, in Engels en Afrikaans onderskeidelik as Heartbreaker en Hartebreker gepubliseer, is deur Anant Singh van Videovision Entertainment opgeraap. Ook Steinhoff se filmregte is van die hand gesit, maar hieroor wil Brent-Styan nie veel sê nie.

Wanneer ’n boek in Engels én Afrikaans verskyn

Met die verskyning van Steinhoff en die Stellenbosse boys in Afrikaans en Engels, is meer eksemplare in Engels verkoop. Volgens Marida Fitzpatrick, Brent-Styan se uitgewer by LAPA, het verkope in Engels ongeveer 55% van die totale verkope uitgemaak.

Pieter du Toit se The Stellenbosch Mafia fokus spesifiek op die Afrikaanse sakewêreld en sakemense in Stellenbosch, en dit het in Engels by Jonathan Ball verskyn. Uiteraard wonder ’n mens hoe die boek sou vaar as dit in Afrikaans ook uitgegee is.

Jeremy Boraine, niefiksie-uitgewer by Jonathan Ball, verduidelik waarom die uitgewery in hierdie geval nie ’n Afrikaanse vertaling oorweeg het nie: “’n Kombinasie van faktore speel ’n rol wanneer ons besluit of ons ’n boek in Engels en/of Afrikaans gaan uitgee – koste, kwaliteit, tydsberekening, omstandighede en instink. Wanneer ’n boek in twee tale verskyn, is dit belangrik dat dit gelyktydig moet gebeur. Ons het dus genoeg tyd nodig om te vertaal, wat beteken dat die oorspronklike werk teruggehou moet word. Vertaling kan ook nie afgejaag word nie, anders ly die kwaliteit daaronder. As ons dus ’n boek vinnig in die mark moet kry, maak dit meer sin om dit slegs in een taal te publiseer.

Pieter du Toit, skrywer van The Stellenbosch Mafia. (Foto's: verskaf)

The Stellenbosch Mafia was ’n wegholtreffer in Engels, juis omdat Afrikaanse lesers ’n Engelse weergawe sal lees as die boek nie in Afrikaans beskikbaar is nie,” sê Boraine, “en in hierdie geval wou ons die boek so vinnig moontlik op die rakke kry; die mark kon nie langer daarvoor wag nie.”

Wat volgende?

Het die sukses in die Engelse mark hierdie skrywers laat afsien daarvan om ooit in Afrikaans te skryf? En waarna kan lesers volgende uitsien?

James Brent-Styan werk aan twee boekprojekte. Die eerste handel oor “die grootste krisis” in demokratiese Suid-Afrika. En dan is daar verder in die toekoms nog ’n opspraakwekkende biografie in die pyplyn; iets soos “Chris Barnard op steroids”, sê hy.

Adriaan Basson en Pieter-Louis Myburgh is lugtig om hieroor kommentaar te lewer. Maar Anneliese Burgess ondersoek die vloei van mense – immigrasie en emigrasie en interne migrasie in Suid-Afrika. “En hoe meer ek uitvind,” sê sy, “hoe meer fassinerend, en kommerwekkend en skrikwekkend, raak dit. Ek dink dit is my volgende boek, maar die onderwerp maak my nog bietjie bang.”

Max du Preez het ’n klinkklare visie van sy volgende publikasie, in Afrikaans en in Engels: “Ek werk aan ’n boek oor die patrone van grondeienaarskap in Suid-Afrika oor die laaste vier eeue, wat in Afrikaans onder die titel Geboortegrond en in Engels as This Land is My Land uitgegee gaan word.”

Al die skrywers verslind Afrikaanse boeke en hoop die geleentheid doen hom voor om self weer in Afrikaans te skryf. Vir Pieter-Louis Myburgh sal dit ’n doelbewuste besluit wees – “gebaseer op die vermoede dat ek sekere gewaarwordinge, gedagtes en ervaringe dalk meer doeltreffend kan neerpen in die taal waarmee ek my eerste woorde gesê het”.

Vir taalbulle wat glo dat ’n Afrikaanse skrywer eksklusief in die taal móét skryf, is daar nie geduld onder hierdie skrywers nie. Burgess sê: “Ek is nie Afrikaans of Engels nie. Ek is ’n tweetalige Suid-Afrikaner. En ons almal is dit – of behoort dit te wees. As jy jouself as uitsluitlik Afrikaans sien, kry ek jou maar jammer, want dan is jou wêreldjie maar baie eng.”

So ’n bietjie “Boere-sentiment”?

Du Preez het verskeie gesogte toekennings en eerbewyse vir joernalistiek en skryfwerk ontvang. Koester hy, as “Afrikanerseun” wie se ouma as kind ’n konsentrasiekamp oorleef het, miskien ’n spesiale soort sentiment wanneer ’n eerbetoon vanuit Engelse oord hom te beurt val?

Max du Preez nadat die Universiteit van Kaapstad ’n eregraad aan hom toegeken het. (Foto deur die skrywer verskaf)

Eers antwoord hy met ’n flinke “Nee”, maar dan gee hy tog toe: “Wel, miskien ’n klein bietjie, veral met buitelandse toekennings soos van Harvard en Yale, en iets soos die Nat Nakasa-toekenning en die Ahmed Kathrada-toekenning vir leierskap – of verwar ek dit met die feit dat ek ’n wit Suid-Afrikaner is?”

Hy vertel van die keer toe die Universiteit van Kaapstad in 1990 ’n eregraad aan hom toegeken het. By dié geleentheid het Du Preez ’n stormagtige toespraak oor apartheid en wit kapitalisme gelewer. “Ek onthou wel dat dit vir my lekker was omdat die destydse kanselier wat die graad oorhandig het, Harry Oppenheimer was. Ek het stilletjies gewonder of dit my Boerevoorsate se wraak op die Randlords was.”

 

The post Afrikaanse skrywers kraai koning in Engelse niefiksie appeared first on LitNet.

Resensie: grondwater deur Marlise Joubert

$
0
0

grondwater
Marlise Joubert

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485310204

Die digter Marlise Joubert debuteer in 1970 met die bundel ’n Boot in die woestyn. grondwater is haar jongste digbundel.

Die kolofon toon ’n foto van Didi Joubert en die digter (as klein dogtertjie): “in memoriam didi joubert [1922-2016]”. Heelwat van die verse handel oor die agteruitgang, demensie en dood van ’n geliefde moeder en vorm dan die vername leitmotief van die bundel. Ook die motto van Kristen Hannah voor in die bundel resoneer met die foto, en die digter-spreker se pyn en verlies rondom die moeder word geaktiveer:

A daughter without her mother is a woman broken. It is a loss that turns to arthritis and settles deep in her bones.

Die rubrisering van die bundel geskied in vyf dele en open met "1. ruite in ’n raam." Die raming van die gedigte kan dui op die argivering van die meditasies en herinneringe – verse waarin die finaliteit, of selfs futiliteit, van ’n geleefde lewe neerslag vind. Reeds met "geboorte van ’n wolvin" (9) word grondwater in ’n mineurtoonaard gestem. Strofes 8-9:

alleen en sonder trop het ek gedraf

ná ’n leeftyd is my winterpels ’n dikker vel
my oë gelouter met die lyding van ’n lam.
kom, waag dit maar
aan my woorde kan jy vat –
byt kan ek nie.

Die digter skryf met genadelose deernis oor haarself, geliefdes, vriende, familie en belewenisse wat onder meer in jeugmemento's verwerk word. Dis poësie wat beleë is; sorgvuldig opgeteken deur ’n deurwinterde digtershand, maar dis ook poësie wat met ’n gelate afstandname die inventaris van ’n lewe aan die leser oorgee. Só word die leser betrek in ’n spel met Joubert se eie oeuvre en selfs uitgedaag tot ’n hermeneutiese lees van enkele gedigte – maar meer hieroor later. Hierdie bemoeienis met die leser vind onder meer gestalte in konkrete poësie waarin die visuele, ruimtelike en akoestiese eienskappe van taal maksimaal benut word, byvoorbeeld in "palmboom" (11) en "nagstilte" (30).

"bad things happen" (12–13) herinner aan ’n soort poëtiese vonkfiksie en deur ontluistering roep die digter haar herinneringe aan volwassewording/mondigwording voor die oog. "ferdinand", die opeenvolgende gedig (14–15), is sinvol in koepletvorm wat die in-tandem-verhouding met ’n oorlede oom simuleer. Besinnings oor die natuur en die vier basiese elemente, grond, water, vuur en lug (wind) vorm oorwegend die tematiese boustof vir die bundel. "deur die wind" (19), asook "gasteplaas" (22), verse wat oor die wind handel, lei op ’n kataklismiese wyse tot "brand" (24), wanneer daar berig word hoe Knysna deur ’n verwoestende vlammehel verteer word. Die vyf tersines in "bootwoestyn" reik terug na Joubert se debuutbundel, ’n Boot in die woestyn. Ook die digter se biografiese opgaaf (of persoonlike register) kom aan bod, in die gedig "huis in die boord" (26–27), ’n vers wat inspeel op haar huidige woning in die Boord, Stellenbosch, en wat as geografiese anker ’n toevlugsoord vir die spreker-digter bied.

In "2. al die woorde" val die soeklig op ars poëtikale besinnings, ’n bemoeienis met die digkuns as taalkonstruk. Na analogie van Gilbert Gibson skryf Joubert in "sewe sondes, plus nog een" (31) ’n gedig wat vra vir ’n hermeneutiese lees en waarin die deurhaaltegniek by versreëls ingespan word. Die gedig kan op drie verskillende maniere gelees word.

Alhoewel die tweede gedeelte van die bundel neig na ’n verliteratuurde effek (of ’n selfbewuste gestileerdheid), stuur Joubert betyds hiervan weg wanneer sy in vrye vers voortdig. "inventaris van ’n geraamde verloop" (43) is ’n meesterlike intratekstuele spel met die digter se hele oeuvre, en verwysings na onder meer ’n Boot in die woestynDomus, Klipkus, Lyfsange, Passies en Passasies, Ontruiming, Bladspieël en Splintervlerk kom voor. Hierdie vers, wat ook as uitdaging aan die leser voorgehou word, kyk terugskouend met ’n panoramiese blik na enkele fasette van die digter se lewe; dis ’n vers wat op mistieke wyse sluit wanneer die gestorwe voorvaders na haar roep om "huis toe te kom" (die nalewe).

"3. syferwater", die derde gedeelte, handel oor transformasie of metamorfoses deur die verloop van ’n lewe. "is moeg" (48) tref met die afwesigheid van ‘n selfstandige naamwoord aan die begin van die sin/titel; ’n meesleurende gedig oor die aftakeling wat ouderdom meebring. Die vers open met "beenmoeg bittermoeg", wat op sy beurt ’n digterlike korrelaat met Kristin Hannah se inleidende motto vorm. Die volgende gedig, "oggendblues" (49) is minder uitgesponne, ’n meer gestroopte tipe vers waarin Joubert haar slag met digterlike kriptiek wys:

skadu's verdamp teen die muur
terwyl ’n wind die denneboom ontstig

bloed sypel slakkepas deur die liggaam
wanneer oudword aanwas met cholesterol

die vrou verdwaal in haar nagrok
tot laat in die oggend soek sy na lig

met blou hande om ’n beker koffie
probeer sy weer en weer om tyd te stol.

"doktersbesoek" (50) en "kardioloog" (52–53) oortuig as verse wat steun op ’n narratiewe gang en wat handel oor die ouerwordende vrou se besoeke aan dokters. In "ons is die kinders" word die vorige bedeling gejukstaponeer met ‘n jong demokrasie; dis ’n gedig wat kritiek lewer op die toenemende angs rondom misdaad, sekuriteit en veiligheid.

Afdeling vier, "4. palm in die hand", vorm die hoogtepunt van die bundel: verse wat die leser ontroer in die eerlike en suiwer poëtiese segging. Hierdie verse handel oor die spreker-digter se bejaarde moeder en die finale fase voor haar dood. Die palm roep onder meer assosiasies van die liefdes-, noodlots- en lewenslyne in ’n handpalm voor die oog. So byvoorbeeld laat die moeder se broosheid en die verwysing na haar X-straalplate geen leser onaangeraak nie; dit is evokatief, dog weerloos; diepsinnig, dog sober, soos strofes 3–5 uit "bekken" (67) getuig:

staan langs die steriele radioloog
kyk deur die ruit van ’n kantoor
soos stootskrapers spoor masjiene
in beweging oor jou kreukellyf

op die skerm ’n klein visgeraamte
van als gestroop dryf na bo
om hier oplaas geheime
van jou herkoms te ontbloot

ek kyk na die fyn struktuur
se perfekte samehang –
tussen jou heupe dié vakuum
waarin ek lank gelede was.

Ook die ander moedergedigte, naamlik "demensie", "twee vroue", "uitskotvers" "versorging" "sterwe" en "in memoriam", vorm eweneens merkwaardige poësie. Maar die dood van geliefdes stel nie die finale grens nie. Die laaste gedeelte, "5. villa palmeira, bela-bela", reik duskant die sfeer van die dood wanneer Joubert besin oor onderwerpe soos die nalewe (en by implikasie reïnkarnasie), asook verse oor haar kleinkinders (haar nageslag wat voortlewe). In die slotvers, "villa palmeira, bela-bela" (105) morf die spreker as't ware terug na haar jeug, ’n vers wat aansluit by Joubert se biografiese register (die digter het op Bela-Bela, oftewel Warmbad, skoolgegaan).

grondwater is in geheel ’n bundel vir die fynproewer, maar dis ook ’n toeganklike werk – ’n bundel wat sonder twyfel as die hoogtepunt van die digter se oeuvre bestempel kan word. Dalk kan hierdie merkwaardige werk ten beste opgesom word aan die hand van die volgende uitspraak van Paul Engle: "Poetry is ordinary language raised to the Nth power. Poetry is boned with ideas, nerved and blooded with emotions, all held together by the delicate, tough skin of words."

Lees ook:

Grondwater: ’n onderhoud met Marlise Joubert

The post Resensie: <em>grondwater</em> deur Marlise Joubert appeared first on LitNet.

Filmresensie: Bombshell

$
0
0

Bombshell
Draaiboek: Charles Randolph
Regie: Jay Roach
Akteurs: Charlize Theron, Nicole Kidman, Margot Robbie, John Lithgow, Kate McKinnon

Ek wonder hoeveel vroue het nog nooit in die werkplek een of ander vorm van seksuele teistering ervaar nie. My raaiskoot sou wees baie min. Des te meer is dit dus tyd dat vroue opstaan en uitpraat daaroor, maar hoe gemaak as jy weet dit gaan jou jou werk kos?

Hierdie film is ’n dramatisering van die opspraakwekkende aanklag teen Robert Ailes (gespeel deur John Lithgow), stigter en bestuurder van Fox News. Die fokus is op drie vroue: Megyn Kelly (Charlize Theron), Gretchen Carlson (Nicole Kidman) en Kayla Pospisil (Margot Robbie) – al drie blond en beeldskoon, en al drie slagoffers van Ailes se seksuele attensies. As een van die voorste nuusankers is Kelly op die kruin van haar loopbaan, terwyl Carlson ’n paar jaar tevore gedemoveer is ná ’n uitval met Ailes. Pospisil, ’n saamgestelde karakter, is ’n jong vervaardiger met die brandende ambisie om ook “on television” te wees.

Wanneer Carlson deur Ailes afgedank word, het sy niks meer om te verloor nie en dagvaar sy hom vir seksuele teistering. Die sukses van haar saak sal egter daarvan afhang of ander vroue ook na vore kom om te getuig. Kelly is onwillig om betrokke te raak, want ná die groot Republikeinse TV-debat van 2016 het sy nie net onder Donald Trump se onsmaaklike twiets deurgeloop nie, sy is ook deur gewone Fox-kykers aangeval en beledig.

Charlize Theron se Oscar-benoeming vir beste aktrise is geen verrassing nie, maar ek sit my geld op Margot Robbie, wat benoem is as beste ondersteunende aktrise – haar spel is werklik uitstaande.

Bombshell word aanbeveel vir álle fliekkykers, vroue sowel as mans.

Sterre: 4

Lees ook: 

Resensie: Bombshell

The post Filmresensie: <em>Bombshell</em> appeared first on LitNet.


Casper is deel van die 10de kykNET Fiëstas

$
0
0

Oor minder as ’n week is dit weer tyd vir die jaarlikse kykNET Fiëstas, waartydens die beste werke van die afgelope feesjaar vereer word. Kykers kan op Sondag 9 Februarie om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144 inskakel om te sien wie met die gesogte kykNET Fiëstas-toekennings wegstap.

Vanjaar vier ons die tiende bestaansjaar van die kykNET Fiëstas. Dié geleentheid is ‘n inisiatief om die beste werk van die afgelope feesjaar te vereer. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste - US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop - kom in aanmerking vir dié gesogte pryse.

Die seremoniemeester van die 10de kykNET Fiëstas is die veelsydige akteur en komediant, Casper de Vries, wat sonder twyfel die gehoor met sy skerp humorsin gaan vermaak. Daar is ook ‘n paar verrassings wat wag op die gehoor en kykers.

Casper word bygestaan deur die gasaanbieders, Dean John Smith, June van Merch en Success Lekabe. Die gaskunstenaars sluit in van Suid-Afrika se grootste ikone – Amanda Strydom, Emma van Heyn, Germandt Geldenhuys, Ilse Klink en Nataniël. Kyk ook uit vir optredes deur die opera-sanger, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe en Sheldon Yoko), komediant Ian Young, die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die Cape Town Opera Chorus en die New World Dance Theatre.

Die kykNET Fiëstas vereer ook jaarliks verskeie legendes vir hul lewenslange bydrae tot die teater-en vermaaklikheidsbedryf. Dis ’n groot voorreg om vanjaar die volgende mense te vereer:

  • Elize Cawood: legende vir haar bydrae tot teater, film en televisie
  • Virginia Davids: legende vir haar bydrae tot opera en musiek
  • Janice Honeyman: legende vir haar bydrae tot die kunste
  • Pieter-Dirk Uys: legende vir sy bydrae tot die kunste en Suid-Afrika

Vanjaar vind die kykNET Fiëstas by die Kunstekaap-teater in Kaapstad op Sondag 9 Februarie plaas en word regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 om 20:00 uitgesaai.

*

The kykNET Fiëstas will be taking place in less than a week’s time. Viewers can tune in on Sunday 9 February at 20:00 on kykNET DStv channel 144 to find out who will be walking away with the prestigious kykNET Fiëstas awards.

This year we are celebrating the 10th year of the kykNET Fiëstas. This event is an initiative to pay tribute to the best work of the past festival year. Productions that made their debut at the six biggest Afrikaans art festivals – US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees and Aardklop – are eligible for these awards.

The master of ceremonies for the 10th kykNET Fiëstas is the well-known actor and comedian, Casper de Vries, which will entertain the audience with his sense of humor. He also has a few surprises up his sleeve.

Casper will be supported by guest presenters, Dean John Smith, June van Merch and Success Lekaba. The guest artists include some of South Africa’s biggest icons – Amanda Strydom, Emma van Heyn, Germandt Geldenhuys, Ilse Klink and Nataniël. There will also be performances by opera singer, Nombulelo Yene, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe and Sheldon Yoko), comedian Ian Young, the Cape Philharmonic Youth Orchestra, the Cape Town Opera Chorus and the New World Dance Theatre.

The kykNET Fiëstas also pay tribute to various legends for their lifelong contribution to the theatre and entertainment industry. It’s a great privilege to honor the following people at the 10th kykNET Fiëstas:

  • Elize Cawood: legend for her contribution to theatre, film and television
  • Virginia Davids: legend for her contribution to opera and music
  • Janice Honeyman: legend for her contribution to the fine arts
  • Pieter-Dirk Uys: legend for his contribution to the fine arts and South Africa

The 10the kykNET Fiëstas will take place at the Artscape theatre in Cape Town on Sunday 9 February and will be broadcast live at 20:00 on kykNET DStv channel 144.

The post Casper is deel van die 10de kykNET Fiëstas appeared first on LitNet.

Filmresensie: Marriage story

$
0
0

Marriage story
Draaiboek en regie: Noah Baumbach
Akteurs: Adam Driver, Scarlett Johansson, Azhy Robertson, Laura Dern, Alan Alda

Onder vanjaar se Oscar-mededingers is daar drie films wat sterk outobiografiese elemente van die skrywer-regisseurs bevat: Pedro Almodóvar se uitstaande Pain and glory, die enigsins middelmatige Once upon a time … in Hollywood van Quentin Tarantino, en Marriage story deur Noah Baumbach. Laasgenoemde is vervaardig vir Netflix en is losweg gebaseer op Baumbach se egskeiding van die aktrise Jennifer Jason Leigh.

Teaterregisseur Charlie (Adam Driver) en aktrise Nicole (Scarlett Johansson) se verhouding was die tipiese sprokie: twee talentvolle mense wat mekaar gevind, verlief geraak en getrou het. Teen die tyd dat hul seun, Henry (Azhy Robertson), agt jaar oud is, val dinge egter uitmekaar: Nicole kry die geleentheid om in ’n TV-reeks te speel, maar daarvoor moet sy na Los Angeles trek, terwyl Charlie weier om hul tuiste in New York te verlaat. Hul onversoenlike verskille lei tot die skeihof, wat ’n haaitenk van formaat blyk te wees.

Hierdie pynlik eerlike film is tegelyk ’n liefdesverklaring en die bestekopname van ’n huwelik en ouerskap. Hoewel die swaartepunt van die verhaal by Charlie lê, word Nicole se standpunt met net soveel deernis en kompleksiteit uitgebeeld. Die slotsom? Soms is daar nie ’n blote reg of verkeerd nie, en meer as dikwels is liefde nie genoeg om ’n intieme verhouding enduit te dra nie.

Al verdien Scarlett Johansson haar Oscar-benoeming deur en deur, is Adam Driver die ster van hierdie film. Sedert hy die vermaakwêreld in 2009 betree het, het hy geleidelik opgang gemaak in onder meer Inside Llewyn Davis, While we’re young (ook saam met Noah Baumbach), Star Wars, Silence en BlacKkKlansmen, wat hom ’n Oscar-benoeming as beste manlike byspeler besorg het. Vanjaar se Oscar vir beste akteur sal seker gaan aan Joaquin Phoenix vir Joker, maar met hierdie vertolking is die 37-jarige Driver gereed om Hollywood se A-lys te haal.

My enigste beswaar teen die film is dat dit teen 2 h 17 min onnodig lank is, nes Once upon a time (2 h 41 min), terwyl Almodóvar sy meesterstuk in ’n netjiese 1 h 53 min kon inpas.  

Marriage story word hoog aanbeveel vir kykers wat hou van ’n stewige drama sonder sentimentaliteit.

Sterre: 4

Kyk die lokprent hier: 

The post Filmresensie: <em>Marriage story</em> appeared first on LitNet.

Resensie: Innie Shadows deur Olivia Coetzee

$
0
0

Innie shadows
Olivia Coetzee
Uitgewer: Modjaji

ISBN:9781928215929

Misdaad! Misdaad! Misdaad! Wat van misdaad weet Suid-Afrikaners nog nie? Wat van misdaad het Suid-Afrikaners nie alreeds beleef of van gehoor nie? Wat van misdaad is nie al reeds oopgeskryf deur bekende Suid-Afrikaanse krimiskrywers soos Rudie van Rensburg, Bettina Wyngaard, Chris Karsten, Karin Brynard, Martin Steyn en Deon Meyer nie? Ek sal jou sê: Die Kaapse Vlakte oftewel Die Shadows was nog nooit só oopgeskryf in haar moedertaal, Kaaps, deur ’n krimiskrywer nie! En met Innie Shadows maak Olivia M Coetzee haar verdienstelike buiging as ’n opwindende jong krimiskrywer wat óók wil, en beslis kán.

Uit die staanspoor draai Coetzee geen doekies om nie. Sy skryf oor die lewe en die mense wat op die fletse bly. Sy kyk nie deur ’n vergrootglas van buite binnetoe nie, maar vind eerder as skrywer haar stem gemaklik in die middel tussen al die geweld, verslawing, armoede en hopeloosheid. En omdat sy haarself in daardie posisie vestig, voel die karakters se vlees soos jou eie en hul besluite dwing jou tot jou eie introspeksie. Of dit nou is oor hoekom ons onsself gedesensiteer het oor stories van dié wat op die buitewyke van die samelewing leef, of omdat daar wêrelde daar buite bestaan waar mense doen wat hulle moet ter oorlewing.

Maar hokaai. Innie Shadows vra nie jou simpatie nie, altans dis nie wat ek daaruit gekry het nie. Haar karakters is nie op soek na ’n wonderwerk nie en hulle leef nie ’n lewe waar vergelding en selfviktimisering aan die orde van die dag is nie. Haar woorde is nie volgens die Standaard “Beskaafde” Afrikaans se woordelys en reëls gekoppel nie, en haar trant is anders as ’n gewone speurverhaal. En “haar”, ja, en liefs nie synie, want Coetzee toets hoe wyd jy kan gaan met geslagsrolle en identiteite wat in die begin van hierdie nuwe dekade beslis aan die voorpunt van die sosiale verandering in ons samelewings is.

Ons ontmoet Veronique Plaatjies, of kô ôs sê ma’ Nique; ôs ontmoet ha’ in ha’ eie kame’ besig om koue koffie te drink. Sy verkies dit so. Sy loer deu’ die vensters en staar uit na die Shadows. Sy hou va’ ha’ entjie nes sy va’ ha’ pen en papier hou. En later ga’ sy afstap na Balla se smokkelhuis toe, wan hy worrie nie dat sy nog ’n tollie het’ie. Haar Tafelberg is Hoerikwaggo en ha’ lewe is vol draaie en gai’ maak, ma’ sy verkies dit so.

Hiermee word ons onmiddellik verplaas in ons tydvak en die hoofkarakter wat onbeskaamd deel van die Afrikaanse kanon word. So sê ek, want so skryf Coetzee haar in met geen verkeerde lyn van haar eie omtrekke as skrywer en in haar karakters wat gebonde is aan die genre. Nique besin in haar kamer oor waar haar vriend Carl is. Alhoewel hy vanaf hy begin tik het, sommer so vir dae op dae wegraak, voel hierdie keer vir haar anders. Ewenwel, sy sal wag tot hy opdaag om te kom vra vir ’n bietjie kos of geld. Vir haar is Carl meer as die demon binne hom. Vir haar is hy ’n mens ongeag sy keuses en so sal sy probeer om soveel as moontlik dieselfde medemenslikheid te betoon as vir enige ander mens.

Met Innie Shadows moet mens twee keer dink oor wat jou reg en verkeerd sou wees van elke karakter se kant af. In die gewaarwording van die ergste aan die einde van die boek is daar die onvermydelike vraag: Wie was reg en wie was verkeerd? En hoekom so? Is daar ooit ’n (maklike) antwoord?

En hierdie ontnugtering voel soos ’n swaard deur jou nek, want alhoewel Coetzee fiktief ’n wêreld oop skryf en herverbeeld vir ’n inloerleser soos ek wat nie van die Kaapse Vlakte kom nie, is die besinning rondom die gevolge van moraliteit in die lewe en godsdienspraktyke met sy getroue en soms blinde aanbidders.

Is die kerkmense dan goeie mense as hul met hul Groot Boek so links en regs besluit wie behoort aan die swepe van godsdienstige geregtigheid?

En dit moet gevra word, want met Innie Shadows is dit nie net ’n boek wat in sy genre kan val oor dramatiese trant en boeiendheid nie, maar daar is dapperheid in tematiek wat Coetzee op spoor stel vir die lesers om te vind en ondersoek binne hul eie lewenswêrelde.

Innie Shadows is kenbaar. Dit is geografies nie verbind tot net waar die bevooroordeeldheid mens laat gaan nie. Dit is nie net ’n fisiese plek soseer nie, maar iefs ’n ontketening van Nique, Carl, Gershwin en Sara se lewens binne die huidige bestaan van ’n lot waartoe hul versteen word. En daarmee is die menslikheid ook nie agter skans nie, maar by die voorhekkie van enige antie se yard.

Ek wil byvoeg dat in die tradisie van Adam Small, en meer onlangs Chase Rhys, is Coetzee nog ’n skrywer wat Kaaps skryf soos dit op die tong van haar sprekers lê. Maar dit gaan soveel verder – haar Kaaps is in klein versteekte (en tog ook nie) dele soveel anders as beide. Haar klemme val skerp en sag waar die dramatiese trant van die spanning opbou en stagneer (met opset, natuurlik). Die manier hoe Coetzee haar afkappingsteken aanwend tot mindere mate, bied ’n soort “geen apologie vir die standaardvorm” nie. En die direkte vertaling van ’n Engels-gebruikte woord van die karakters wat dan in sy vertaalde Kaaps-weergawe net so deel vorm van die sin, maak my oorweldig opgewonde oor die eindelose moontlikheid wat taal bied as dit nie aan ’n orde van reg en verkeerd geplaas word nie. Dis nie dat Kaaps en Afrikaans tot nou toe nie ’n lewe van sy eie gehad het nie, maar nou lewer haar skrywers bewyse van hoe elkeen dit op hulle eie manier hoor, sien, praat, en belangrik: skryf. Sela.

Ek lees met Innie Shadows ’n skrywer raak wat debuteer nie om te vra vir ’n plek aan die tafel nie, maar liefs aan ’n ander tafel kan sit waarin sy haar mense tot die literatuur verbeeld en skryf wat hul sal herken. Daarvoor het ek die grootste respek en waardering.

Die boek is ook nie tot so ’n lengte waar mens soms voel die skrywer kon dit maar korter gehou het nie. Innie Shadows kon ek binne enkele dae klaar lees en neersit om te tob oor die onbeskaamde gruwelikheid dog eerlikheid waarmee Coetzee jou los aan die einde. Dis asof jy net nie kan glo dat ’n mens, en selfs ’n ma, dit kan doen nie. Veral in ons huidige tydvak, waar mans uiteindelik aandadig gehou word vir hul aandeel tot die krisis van geslagsgeweld in ons land, bring Coetzee ’n ander blik ook na die gesprek. Dit vat nie weg van die hoofuitgangspunt van mans se rolle in die krisis om geslagsgeweld nie, maar dit maak die gesprek breër en hou ons almal verantwoordelik.

En van seksualiteit durf ons nie onsself en ons onmiddellike verwysingsraamwerke ontsê nie, want dis steeds ’n teer punt in soveel huise, dorpe en lande vandag. In bruin gemeenskappe moet ons ook mekaar begin tug oor hoe die woorde “moffie”, “tranny”, “meideman” ens steeds binne die mure van ons huise versteek lê. Ons kerke kan nie meer net ’n gay paartjie se dankoffers aanvaar, maar hul nie laat trou voor die kansel nie. Daar is gesprekke wat begin moet word en in Coetzee se debuut open sy soveel van hierdie gesprekke. Daarin bewys sy dat Innie Shadows ’n spesiale boekrakplek verdien.

En tog is daar ’n sensitiwiteit aan boord met die verpakking van soveel kwessies wat nie nuut is nie. Dis nie dat die aanhoudelike herskrywing van hierdie kwessies nie meer drakrag het nie, maar júis omdat ons voel ons kan aanbeweeg, al is dit nie opgelos nie, het gemaak dat ons in sirkels wentel. In die breë konteks van die Suid-Afrika uit my skril stem en grootoog jongenskap is hierdie gevolgtrekking ook gepas. Ons wil nie meer oor dieselfde goed praat nie, maar tog is die roes van dit onvermydelik.

Dalk noop ek jou net om Innie Shadows ’n kans te gee, of dalk sou jy hierdie soort boek wil ontvlug, maar hoor my knalkreet: Daar is net leer en verleer wat jou perspektiewe tot jou eie lewens en andere sal verbreed.

In die toekoms sien ek uit na meer van Coetzee in haar eie stem, haar voorouertaal en oor ons eie dinamiese mense met hul ontnugterende wêrelde.

Lees ook:

Innie shadows: ’n onderhoud met Olivia M Coetzee

The post Resensie: <em>Innie Shadows</em> deur Olivia Coetzee appeared first on LitNet.

Film review: A million little pieces

$
0
0


A million little pieces is a new film starring Aaron Taylor-Johnson that opens nationwide in early April this year. It is based on the bestselling book by James Frey, largely recounting his personal experiences as an addict in recovery.

No surprise: the themes are hard. But even more so in territory where, among others, Requiem for a dream, Trainspotting and Girl interrupted have to a lesser and greater degree created big, big shoes to fill.

In A million little pieces Taylor-Johnson plays the character of James Frey. The story begins with the protagonist’s drug-fuelled crash and his subsequent check-in at a rehabilitation clinic at the insistence of his brother and the law courts.

He has little choice. A doctor warns him that his alcoholism and long drug addiction have imperilled all his major organs and his life. Behind him lies a path of destruction. The centre is a way out, but only if he submits to the process.

On the backdrop of his stay is the chart of his interactions with a variety of characters and the development of a love relationship – against the institution’s rules of fraternisation – with a young woman called Lilly.

Among the residents are the quirky and engaging Leonard, played by Billy Bob Thornton, and Giovanni Ribisi’s John – a fragile, ex-con father unconvinced of his ability to return to a “normal” life. Among the rehab staff, Juliette Lewis takes the role of a staid, in-house counsellor with an addiction story of her own.

As these things go, everything is complicated – a roiling stew of pain and sorrow; little victories followed by crushing setbacks. All the while, there’s hope that keeps us rooting for a happy, but improbable ending. “Only 15 per cent stay sober after they leave, and that’s just the first year. They don’t tell you that statistic,” Frey tells his brother during a visit.

Yet, like the many residents, we persist – even if it’s for a rollicking yarn.

There are many points of interest in this work, directed by Taylor-Johnson’s spouse, Sam: the occasional cinematic interludes that illustrate James’s fraught journey; glimpses of his past and descent to rock-bottom; his difficult relationship with his brother; the curious personalities among fellow addicts and treatment centre staff; and, of course, the love entanglement. But this is precisely where the film trips up. While the performances by Taylor-Johnson, Ribisi, Thornton and Odessa Young, as Lilly, stand out, they only leave you needing more.

In the absence of time to roll out more of everyone’s contributions, it is the rehab process that dominates. Like a photograph in a busy train station, all that remains sharply visible is the background.

The setting is perfect – a colourful story on the drab canvas of the rehab institution – but even the thread of James’s big reveal deflates somewhat in the spaghetti of intersecting storylines.

Still, the telling remains taut. In one particular scene where Frey receives a secret note from Lilly, the glass wall disappears and we’re absolutely with him in his frustration to find some privacy; his urgency to get to the note; and his ultimate surprise and emotional U-turn when the content is revealed.

A million little pieces is an engaging film that will transport you from your comfortable theatre seat, providing some limited insight into difficult lives that people endure. If anything, it might encourage you to go back to read the novel from which the tale was woven.

Watch the trailer here: 

Genre: Drama
Directed by: Sam Taylor-Johnson
Starring: Aaron Taylor-Johnson, Charlie Hunnam, Ryan Hurst
Run time:  113 minutes
SA release date: 3 April 2020

The post Film review: <em>A million little pieces</em> appeared first on LitNet.

Uitnodiging om aansoeke om befondsing van akademiese projekte in Afrikaans

$
0
0

Die PUK-Kanselierstrust is in 1994 opgerig met fondse wat FW de Klerk, destyds staatspresident en kanselier van die PU vir CHO, uit sy Nobelprysgeld as aanvangskapitaal geskenk het. Die oogmerk was van meet af aan om die fondse aan te wend vir die behoud en uitbou van Afrikaans as wetenskapstaal, veral wat die taal se hoër funksies betref.

Personeel en studente van Suid-Afrikaanse universiteite word uitgenooi om aansoek te doen om befondsing van akademiese projekte wat tot publikasies in Afrikaans sal lei of wat die gebruik van Afrikaans as wetenskaplike taal op ander wyses kan bevorder.

Toekennings deur die Trust sal normaalweg nie R20 000 per jaar oorskry nie.

Let Wel: Aansoeke om beurse vir graadstudie word nie oorweeg nie.

Aansoeke moet vergesel wees van:

  • ’n volledige uiteensetting van die beplande projek,
  • ’n opsomming in ’n enkelbladsy, en
  • ’n detailbegroting (met ’n aanduiding ook van ander befondsers).

SLUITINGSDATUM: 29 Februarie 2020

Aansoeke moet per e-pos gestuur word aan: Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za

Waar toekennings gemaak word, sal die fondse met ingang April 2020 beskikbaar gemaak word. Daar word van ontvangers van toekennings verwag om by die publikasie van die navorsingsuitsette wat ondersteun is, toepaslike erkenning van die ondersteuning aan die PUK-Kanselierstrust te gee.

Navrae oor Die PUK-Kanselierstrust se werksaamhede kan aan die trustees gerig word by:

Prof Wannie Carstens: Wannie.Carstens@nwu.ac.za

Prof Thys Human: Thys.Human@nwu.ac.za

Prof Bernard Odendaal: Bernard.Odendaal@nwu.ac.za

Me Rolien Roos: Rolien.Roos@nwu.ac.za

Prof Francois Venter: Francois.Venter@nwu.ac.za

Prof Susan Visser: Susan.Visser@nwu.ac.za

The post Uitnodiging om aansoeke om befondsing van akademiese projekte in Afrikaans appeared first on LitNet.

Viewing all 22071 articles
Browse latest View live
<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>